25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p264

Stevens (2006:302) kom tot dieselfde gevolgtrekking as Bell in sy beoordeling van die

WVK. Hy wys uit dat “apartheid as a systemic form of oppression and human rights

violations were not addresses overtly” en “the foundations of the apartheid system

received no overt attention from the TRC.” Die gevolg hiervan was dat sekere persone

en groepe hulle hierdeur kon verontskuldig van enige skuld aan apartheid.

Die grootste tekort van die WVK lê myns insiens daarin dat dit nie die onderliggende

vertrekpunte van rassemeerderwaardigheid en die gevolglike aantasting van

menswaardigheid uitlig as die skuld van wit inwoners van die land nie. Deurdat dit nie

gedoen is nie, het wit mense ʼn agterdeur ontdek waardeur hulle op slinkse wyse

skuldloos uit apartheid probeer ontsnap.

In haar boek oor haar ervaring van die WVK, haal Krog (1998a:95) die psigiater Kaliski

aan wat praat oor hierdie “disservice done by the Truth Commission.” Hy beskryf dit

verder: "Some individuals are targeted as the scapegoats for past atrocities. And that

allows other citizens to deny any complicity." Wanneer Krog (1998b:13) skryf oor die

rituele van die WVK, praat sy oor hierdie subtiele “scapegoat” ritueel: Niemand erken

dat hulle in die minste mate skuldig was nie, dis altyd iemand anders se skuld. Sy skryf

verder:

We have reached the stage where people like Verwoerd and P.W.

Botha have been demonised as the sole sources of evil in the past.

They were responsible for all the ugly events of the past, while we are

not. Because they are evil or bad, it is self-evident that we are good.

They are the devils and we the angels (Krog 1998b:14).

Krog se devils en angels het op ʼn meta-vlak waar geword. Dit was nie alleen binne die

WVK-proses waar hierdie ritueel beoefen is nie, maar ook deur diegene van buite. Vir

hulle was die devils duidelik. Dit was diegene wat voor die WVK moes gaan bieg oor ʼn

wandaad uit hulle verlede. En as hulle die devils was, is dit voor die hand liggend dat

diegene wat nie hoef te gaan bieg het nie, die angels moet wees.

2.4 Waarmee die WVK nie gehelp het nie

ʼn Ander persoon wat raakgesien het dat die WVK net met sommige sake gehelp het,

maar met ander nie, is Thabo Mbeki. In sy parlementêre toespraak oor die WVK praat

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!