LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p262 Villiers 1996:141). Ander het by herhaling gesê dat hulle nie van die vergrype geweet het nie en nog ander wou net vergeet en aangaan met die lewe (Sparks 2003:135). Meiring (2002:65) wat self deel van die WVK-proses was, voer aan dat “most black and brown South Africans – the people who were mostly at the receiving end of apartheid – were grateful for and satisfied with the work of the TRC.” Dieselfde kan egter nie vir die wit gemeenskap gesê word nie: While some did enter into the spirit of the process and identified with it and were indeed also heeled by the process, others remained aloof and even critical. Being exposed to the horrible past, and having to acknowledge one’s own responsibility and complicity – by commission or by omission – does not come easily (Meiring 2002:65). Johan [6-478] verklap iets van hierdie houding wanneer hy praat oor die publikasie van die verslag van die WVK: Ons gaan sien hoe jammer gaan ons Donderdag wees as die WVK se verslag kom. Dan gaan ons sien hoe jammer is ons omdat ons wit is. ʼn Ander algemene kritiek was dat op die verkeerde mense gekonsentreer is. Maluleke (1997:64) voer ʼn argument aan wat meermale gehoor is, naamlik dat die WVK net op die “foot soldiers” fokus en nie op die leiers wat die bevele gegee het nie. Selfs die leier van die NP [De Klerk] plaas al die blaam op die voetsoldate: “I will not take the blame for people who acted like barbarians, who ignored the parameters of their duty. They are criminals and they ought to be punished” (Krog 1998a:98). Onder die medenavorsers is dit weer Johan [6-221] wat hierby aansluit: Al hierdie dinge wat ons nou hoor voor die WVK, wreedhede, dit is nie alles as gevolg van apartheid gepleeg nie. Daai ouens het uitgerafel omdat hulle iets ander verdedig het as apartheid. 2.3 Waar staan ons nou met die WVK? Die argument dat die verkeerde mense aangespreek is deur die WVK, hou water, maar dan nie in die wyse waarop dit tot dusver aangebied is nie. Die WVK-proses het op ʼn strategiese punt misluk en die skuld daarvoor lê voor die deur van die mandaat van die kommissie. Die opdrag was om te kyk na “gross violations of human rights” (SA Parliament 1995:elektroniese bron).
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p263 Om growwe skendings van menseregte te ondersoek was per se nie ʼn probleem nie. Die onvoorsiene effek hiervan is egter dat die meerderheid wit Afrikaners hulle van die proses kan losmaak deur die verweer dat hulle nie die oortreders was nie. Die meeste van hulle was nie skuldig aan growwe skending van ander se regte nie. En daarmee is die saak vir hulle afgehandel. Dis waarna Mike [byvoorbeeld 3-597 en 6-262] verwys as hy homself telkens verskoon deur daarop te hamer dat hy swart mense nie sleg behandel het nie Die probleem hang saam met die taalgebruik. Die WVK bly praat van “perpetrators” en die meeste Afrikaners was nie “perpetrators” in die sin wat die WVK die woord gebruik nie. Dit is – ten minste vir die doel van hierdie navorsing – beter om te praat van die “beneficiaries”, oftewel die bevoordeeldes van apartheid. Dit sluit elke wit persoon in hierdie land in. En niemand kan dit ontken nie – sommige probeer wel, maar dit oortuig nie. Terry Bell (2001:1) kom die naaste aan hierdie waarheid as hy skryf oor die tekortkominge van die werk van die WVK: Most importantly, no serious examination was made of the system that gave rise to some of the most horrific, racist social engineering of modern times. Instead, there was a concentration on a proportion of the individual victims who came forward and on their immediate torturers, killers and persecutors. The narrowly focussed litany of bloodshed and brutality often obscures more than it revealed. Apartheid was presented as a caricature summed up by police assassin and torturer Jeff Benzien demonstrating his ‘wet bag’ torture technique during his application for amnesty... Die ironie is dat hy sy eie insig nie opvolg nie. In die res van die boek skryf hy en Dumisa Ntsebeza oor “the secret projects”, “the murderous activities of the South African force and their surrogates in Transkei” en “those criminals who still remain in positions of power.” Dis asof hy self nie raaksien wat hy sê nie. Die waarheid aangaande die mislukking van die WVK is nie gesetel in die insidente van menseregtevergrype nie, maar in die “system that gave rise to some of the most horrific, racist social engineering of modern times” (Bell 2001:1).
- Page 227 and 228: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 229 and 230: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 231 and 232: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 233 and 234: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 235 and 236: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 237 and 238: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 239 and 240: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 241 and 242: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 243 and 244: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 245 and 246: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 247 and 248: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 249 and 250: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 251 and 252: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 253 and 254: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 255 and 256: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 257 and 258: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 259 and 260: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 261 and 262: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 263 and 264: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 265 and 266: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 267 and 268: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 269 and 270: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 271 and 272: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 273 and 274: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 275 and 276: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 277: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 281 and 282: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 283 and 284: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 285 and 286: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 287 and 288: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 289 and 290: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 291 and 292: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 293 and 294: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 295 and 296: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 297 and 298: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 299 and 300: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 301 and 302: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 303 and 304: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 305 and 306: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 307 and 308: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 309 and 310: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 311 and 312: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 313 and 314: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 315 and 316: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 317 and 318: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 319 and 320: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 321 and 322: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 323 and 324: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 325 and 326: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 327 and 328: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p263

Om growwe skendings van menseregte te ondersoek was per se nie ʼn probleem nie.

Die onvoorsiene effek hiervan is egter dat die meerderheid wit Afrikaners hulle van die

proses kan losmaak deur die verweer dat hulle nie die oortreders was nie. Die meeste

van hulle was nie skuldig aan growwe skending van ander se regte nie. En daarmee is

die saak vir hulle afgehandel. Dis waarna Mike [byvoorbeeld 3-597 en 6-262] verwys as

hy homself telkens verskoon deur daarop te hamer dat hy swart mense nie sleg

behandel het nie

Die probleem hang saam met die taalgebruik. Die WVK bly praat van “perpetrators” en

die meeste Afrikaners was nie “perpetrators” in die sin wat die WVK die woord gebruik

nie. Dit is – ten minste vir die doel van hierdie navorsing – beter om te praat van die

“beneficiaries”, oftewel die bevoordeeldes van apartheid. Dit sluit elke wit persoon in

hierdie land in. En niemand kan dit ontken nie – sommige probeer wel, maar dit oortuig

nie.

Terry Bell (2001:1) kom die naaste aan hierdie waarheid as hy skryf oor die

tekortkominge van die werk van die WVK:

Most importantly, no serious examination was made of the system that

gave rise to some of the most horrific, racist social engineering of

modern times. Instead, there was a concentration on a proportion of

the individual victims who came forward and on their immediate

torturers, killers and persecutors. The narrowly focussed litany of

bloodshed and brutality often obscures more than it revealed.

Apartheid was presented as a caricature summed up by police

assassin and torturer Jeff Benzien demonstrating his ‘wet bag’ torture

technique during his application for amnesty...

Die ironie is dat hy sy eie insig nie opvolg nie. In die res van die boek skryf hy en

Dumisa Ntsebeza oor “the secret projects”, “the murderous activities of the South

African force and their surrogates in Transkei” en “those criminals who still remain in

positions of power.” Dis asof hy self nie raaksien wat hy sê nie. Die waarheid

aangaande die mislukking van die WVK is nie gesetel in die insidente van menseregtevergrype

nie, maar in die “system that gave rise to some of the most horrific, racist

social engineering of modern times” (Bell 2001:1).