25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p261

mede-navorsers was.

Verskillende kommentators oordeel verskillend, maar daar is ʼn redelike mate van

eenstemmigheid dat die WVK ten minste daarin geslaag het om ʼn debat aan die gang

te sit oor wat tydens apartheid gebeur het. Dit is egter nie (al) waarvoor die WVK tot

stand gekom het nie.

2.2 Die tekorte van die WVK

Ten spyte van die positiewe waarde van die WVK, is daar tog een sleutelarea waar die

proses misluk het. Verskillende skrywers het met verskillende grade van sukses

probeer aantoon waarom die WVK nie geloofwaardig of betroubaar is nie. Verdoolaege

(2008:19) bied ʼn opsomming van die kritiek: Die politieke partye soos die NP en die

IVP het aangevoer die WVK is partydig; slagoffergroepe het beweer die proses is

onregverdig omdat amnestie die slagoffers ontneem van die kans om die oortreder hof

toe te neem; ander kritiek het gehandel oor die mate van waarheid en versoening wat

uit die proses sou kom. Daar was ook ʼn groep mense wat teleurgestel was met die

gebrek aan materiële verandering wat die WVK gebring het. Sy kom uiteindelik tot ʼn

gebalanseerde gevolgtrekking: “...it is important to realise that it is very difficult to be

unambiguously positive or negative about the TRC. We could tentatively argue that it

was a praiseworthy undertaking, necessary for the future of South Africa (Verdoolaege

2008:21).

Waar Verdoolaege se doktorale studie haar bring by ʼn gebalanseerde mening oor die

WVK, is Anthea Jeffery (1999) se boek baie meer uitgesproke negatief oor die proses.

In die boek se voorwoord skryf John Kane-Berman oor die waarheid wat die WVK

moes onthul en dan gebruik hy woorde soos: “some of the truth, but far from all of the

truth”, “omitted, without explanation”, “done as much to distort, as to disclose the truth”

(aangehaal in Jeffery 1999:2). Dit kritiek het veral te make met die metodes wat die

WVK gebruik het en die aspekte van die geweld wat uitgelaat is. Elkeen van hierdie

besware mag in ʼn mindere of meerdere mate waar wees. Dit ontbreek egter nie aan

ondersteuners van elke beswaar nie.

Dit was veral uit die geledere van wit Afrikaners dat daar kritiek teen die WVK gekom

het. Dit was veral die verweer dat die WVK eensydig is, wat baie aandag gekry het (De

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!