LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p258 saam gaan ook sy vraag: “How can we keep the past alive without becoming its prisoner? How do we forget it without risking its repetition in the future?” (Dorfman 1994:49). In die res van hierdie hoofstuk word aan hierdie sake aandag gegee. In die eerste jare na die demokratiese oorgang was die WVK die een proses waarop mense hulle hoop vir versoening gevestig het. Volgens sommige was dit ʼn sukses, terwyl ander dit sien as ʼn mislukking. In hierdie navorsing het die WVK ook telkens aan die orde gekom. In die volgende afdeling word die WVK onder die vergrootglas geplaas. Daar word gekyk na die waarde van die proses, asook die tekorte. Die vraag word ook gevra waarmee die WVK gehelp het, en waarmee nie. 2. Die rol van die WVK Die WVK is in 1995 deur ʼn wet van die Suid-Afrikaanse Parlement in die lewe geroep, naamlik die Promotion of National Unity and Reconciliation Act 34 of 1995. Ten einde hierdie nasionale eenheid en versoening te bewerk, het die kommissie die volgende mandaat ontvang: Briefly stated, the Commission was given four major tasks in order to achieve the overall objectives of promoting national unity and reconciliation. These were: a. analysing and describing the “causes, nature and extent” of gross violations of human rights that occurred between 1 March 1960 and 10 May 1994, including the identification of the individuals and organisations responsible for such violations; b. making recommendations to the President on measures to prevent future violations of human rights; c. the restoration of the human and civil dignity of victims of gross human rights violations through testimony and recommendations to the President concerning reparations for victims; d. granting amnesty to persons who made full disclosure of relevant facts relating to acts associated with a political objective (TRC 1998a:60) Dié mandaat is belangrik in hierdie navorsing omdat dit die basis vorm waarteen enigeen die sukses al dan nie van die kommissie behoort te meet. Ander navorsers het

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p259 reeds die kommissie hieraan gemeet, met verskillende gevolgtrekkings. Sommige is so beïndruk dat as die WVK met ander soortgelyke liggame vergelyk word, Volf (2006:217) noem dit “the best of them all.” Ander is sensitief vir die onvolmaaktheid van die proses en verwys daarna as “this imperfect but undeniably productive, transformative institution” (Alexander, Batchelor, Durand & Savage 2005:25). Selfs vanuit die buurland Namibië word die waarde van die WVK-proses raakgesien en kom die versugting "Namibia would have been better off if we had had some kind of truth commission...” (Lister, aangehaal in Enquist 1995:301). In die volgende onderafdeling word spesifiek gekyk na die WVK. Eerstens word gevra na die waarde van die kommissie, en dan na die tekorte van die proses. Hierna word die nalatenskap van die WVK bekyk en laastens word gekyk na die implikasies van die WVK vir hierdie navorsing. 2.1 Die waarde van die WVK Baie kan gesê word oor die waarde van die WVK, maar niks kom by Susan VanZanten Gallagher se beskrywing van die rituele van die kommissie nie. Hierdie Amerikaanse professor in Engels vertel hoe die slagoffers wat hulle stories kom vertel, deur die kommissarisse met die hand gegroet en verwelkom word: “Many of the victims were already sobbing, overcome by the mere fact that an official government representative was showing them respect” (VanZanten Gallagher 1998:23). Net dít is al ‘n bewys dat die WVK iets reggekry het; die menseregte van voorheen-benadeeldes is erken. Of dit genoeg is om die proses sukesvol te verklaar moet nog gesien word. Die een fokusarea van die WVK was die klem op die openbaarmaking van die waarheid aangaande apartheid. Hierdie strewe na die waarheid is vanuit verskillende oorde positief beoordeel. Eerwaarde Chikane, wat self ʼn moordaanslag op sy lewe oorleef het, sê: "Healing can’t be complete until you know the truth. But if somebody could come up tomorrow and say, 'I did it and this is how we did it and that's it,' then it’s over. You can forgive him and pass the matter" (aangehaal in Goodman 1999:61). Ten opsigte van die onthulling van wat tydens apartheid gebeur het, was die WVK “extraordinarily successful” in soverre dit “uncovered detailed evidence of what happened under specific circumstances” (Gibson 2006:83). Vir sommige was dit ʼn

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p259

reeds die kommissie hieraan gemeet, met verskillende gevolgtrekkings. Sommige is so

beïndruk dat as die WVK met ander soortgelyke liggame vergelyk word, Volf

(2006:217) noem dit “the best of them all.” Ander is sensitief vir die onvolmaaktheid van

die proses en verwys daarna as “this imperfect but undeniably productive,

transformative institution” (Alexander, Batchelor, Durand & Savage 2005:25). Selfs

vanuit die buurland Namibië word die waarde van die WVK-proses raakgesien en kom

die versugting "Namibia would have been better off if we had had some kind of truth

commission...” (Lister, aangehaal in Enquist 1995:301).

In die volgende onderafdeling word spesifiek gekyk na die WVK. Eerstens word gevra

na die waarde van die kommissie, en dan na die tekorte van die proses. Hierna word

die nalatenskap van die WVK bekyk en laastens word gekyk na die implikasies van die

WVK vir hierdie navorsing.

2.1 Die waarde van die WVK

Baie kan gesê word oor die waarde van die WVK, maar niks kom by Susan VanZanten

Gallagher se beskrywing van die rituele van die kommissie nie. Hierdie Amerikaanse

professor in Engels vertel hoe die slagoffers wat hulle stories kom vertel, deur die

kommissarisse met die hand gegroet en verwelkom word: “Many of the victims were

already sobbing, overcome by the mere fact that an official government representative

was showing them respect” (VanZanten Gallagher 1998:23). Net dít is al ‘n bewys dat

die WVK iets reggekry het; die menseregte van voorheen-benadeeldes is erken. Of dit

genoeg is om die proses sukesvol te verklaar moet nog gesien word.

Die een fokusarea van die WVK was die klem op die openbaarmaking van die

waarheid aangaande apartheid. Hierdie strewe na die waarheid is vanuit verskillende

oorde positief beoordeel. Eerwaarde Chikane, wat self ʼn moordaanslag op sy lewe

oorleef het, sê: "Healing can’t be complete until you know the truth. But if somebody

could come up tomorrow and say, 'I did it and this is how we did it and that's it,' then it’s

over. You can forgive him and pass the matter" (aangehaal in Goodman 1999:61).

Ten opsigte van die onthulling van wat tydens apartheid gebeur het, was die WVK

“extraordinarily successful” in soverre dit “uncovered detailed evidence of what

happened under specific circumstances” (Gibson 2006:83). Vir sommige was dit ʼn

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!