25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p257

Teen wil en dank moes almal in Suid-Afrika in 1994 afskeid neem van die bekende

apartheidsdae. Die bekende leefwêreld het onherroeplik verander en plek gemaak vir ʼn

nuwe, onseker een. Hierdie verandering het nie noodwendig saamgegaan met ʼn

innerlike transformasie nie. Van die mede-navorsers bevind hulle in die neutrale sone

met ʼn hunkering na die verlede, ʼn tema wat ook in koerantbriewe na vore kom.

Sommige gee blykbaar moed op. Só sê Johan [11-251] ons geslag is amper

verby. Daar is ook diegene wat wel aanbeweeg na die derde fase. Christa [9-058]

vertel dat sy op ʼn meer persoonlike vlak by die bruin en swart mense

betrokke geraak het. Sy, en ander, het die ou patrone van die apartheidstyd gelos.

As ons deur die bril van Rendle se siklus na dieselfde transformasieproses kyk, word

soortgelyke patrone opgemerk. In hoofstuk twee is daar gewys op die aanvanklike

opwinding wat die verandering in Suid-Afrika gekenmerk het. Die opwinding het

stelselmatig plek gemaak vir onsekerheid en selfs ontnugtering by sommige.

Sommige individue en gemeentes het deurgedruk en die uitdagings op kreatiewe wyse

aangegryp om aan te beweeg in die post-apartheid Suid-Afrika. Ongelukkig is daar

ook individue en gemeentes wat gekies het om ten alle koste die status quo soos dit

voor 1994 was, te behou.

Die NG Kerk sal deeglik rekening moet hou met die fases waardeur lidmate gaan. ʼn

Sensitiwiteit hiervoor sal beter leiding tot gevolg hê. Soos in die res van die hoofstuk

aangetoon sal word, sukkel baie nog om afskeid te neem van apartheid. Skuldbesef en

skuldbelydenis kom vir baie wit Afrikaanse Christene nie maklik nie. Die NG Kerk sal

hulle hierin moet begelei en ook self die voorbeeld stel deur die amptelike

skuldbelydenis konkrete gestalte te gee.

Die vraag wat Ariel Dorfman (1994:49) na aanleiding van Chili se Rettig-kommissie 39

vra, is ook die vraag waarmee in die post-apartheid Suid-Afrika geworstel word: “How

can those who tortured and those who were tortured co-exist in the same land?” In

hierdie navorsing word die vraag uitgebrei om ook te vra na meer as net “those who

tortured”. Die groter vraag, wat vir baie meer mense relevant is, is: Hoe kan

bevoordeeldes en benadeeldes van apartheid in een land saam leef? Óf jy moet jou oë

sluit vir die werklikheid, óf jy moet die werklikheid erken en die gevolge dra. Hiermee

39 Die Rettig-kommissie was die algemene naam vir Chili se Nasionale Kommissie vir Waarheid en

Versoening.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!