LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p254 problem is acceptance, which is something we’re taught not to do. We’re taught to improve incompatible situations, to change things, alleviate unpleasant feelings.” Müller (2000b:elektroniese bron) skryf ook oor hierdie probleem dat die terapeut ʼn eie idee het waar die kliënt moet uitkom: After our involvement with people in a therapeutic situation, and after we have waited for our characters to develop within their own plot into their own climax, we have to accept the ending that is appropriate for them. We have to allow them to draw us into their story and to make us part of their lives. We must be able to imagine with them and within their boundaries. The narrative approach wants to teach us to sacrifice our own created endings and to be happy with our character’s imaginative endings. In hulle artikel oor die ABDCE-model vra Müller, Van Deventer en Human (2001:94) onder andere hierdie vraag: “Why would the ending be worth the while for you, even if you might not reach any new breakthrough, or even in the event of a disappointing conclusion?” Aan die einde van ʼn navorsingsprojek is dit nogal ʼn ongemaklike vraag om te antwoord. Vir hierdie projek sou die antwoord opgesluit wees in die ontdekking van die posisie van die mede-navorsers oor die verskillende sake wat aan die orde gestel word. Soos aan die begin vermeld, was daar nooit spesifieke uitkomste wat nagestreef is nie. Die waarde lê onder andere daarin dat hierdie posisies op skrif gestel is. Nou kan navorsers hierop reageer en die NG Kerk kan beplan aan die hand van die nuwe kennis wat blootgelê is. Vir die waarde wat die navorsing vir die mede-navorsers gehad het en die effek daarvan op hulle lewens, kan net hulle verantwoordelikheid neem. Of dit hulle gaan help of reeds gehelp het om beter te leef in die post-apartheid Suid-Afrika, is ʼn vraag wat hulle self met hulle lewens moet beantwoord. 1.2 Osmer se ought, en meer In hoofstuk een is verwys na Osmer (2008) se vier take van die praktiese teologie, naamlik die deskriptiewe-empiriese, die interpreterende, die normatiewe en die pragmatiese taak. In hierdie navorsingsverslag is hoofstukke twee, drie en vier hoofsaaklik gewy aan die eerste twee take. Uit die aard van die navorsing is hier ʼn

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p255 deskriptiewe-empiriese uiteensetting gegee van die oorsprong van apartheid en daarna die twee stelle data oor hoe wit Afrikaanse Christene oor apartheid en die verwante sake dink. In hierdie hoofstukke is daar – tipies van die interpreterende taak – ook gepoog “to better understand and explain why these patterns and dynamics are occurring” (Osmer 2008:4). In hierdie laaste hoofstuk sal iets van die interpreterende taak steeds na vore kom, maar die klem sal veral wees op die normatiewe taak – “What ought to be going on?” (Osmer 2008:4) – en in mindere mate ook die pragmatiese taak. Osmer (2008:4) beskryf hierdie pragmatiese taak as “Determining strategies of action that will influence situations in ways that are desirable...”. Dit kan immers nie anders nie as dat ʼn studie soos hierdie ook aandag sal gee aan die vraag “How might we respond?” (Osmer 2008:4). Die normatiewe en pragmatiese taak van die pastor kom in die volgende afdeling aan die orde. Die titel van die verslag praat van ʼn “pastorale betrokkenheid” by lidmate. Dit is hierdie saak wat vervolgens bespreek word. 1.3 Pastorale betrokkenheid Vroeg in die heel eerste gesprek verduidelik ek vir die mede-navorsers dat ons mekaar moet begelei om beter aan te pas, om 'n meer suksesvolle deelname aan die nuwe SA te kan hê [Albert 1-025]. In aansluiting by Steier (1991:170) wou hierdie navorsingsprojek ʼn “collaborative learning program” wees. Die bedoeling was dat die mede-navorsers uit die navorsing self ʼn waarde sou put [Albert 1-127] en nie net diegene wat die navorsingsverslag na die tyd lees nie. In die gesprekke sou ons mekaar kon uitdaag ten einde self ʼn “nuwe storie” (Müller 2000a:20) te kan skryf. ʼn Belangrike aspek hiervan is natuurlik “locating their personal stories within the framework of the Christian story” (Capps 1993:1). Die beeld wat die beste verwoord hoe ek my betrokkenheid by die mede-navorsers sien, is dié van die Ganzevoort (2009:6) wat sê die gids wat begelei, “is not an omniscient narrator, but a fellow traveller.” As gids is my taak “guidance in the hidden and forbidden zone of the sacred.” Dis nie net die mede-navorsers wat sin moet maak in post-apartheid Suid-Afrika nie; as navorser staan ek en hulle in dieselfde skoene.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p255

deskriptiewe-empiriese uiteensetting gegee van die oorsprong van apartheid en daarna

die twee stelle data oor hoe wit Afrikaanse Christene oor apartheid en die verwante

sake dink. In hierdie hoofstukke is daar – tipies van die interpreterende taak – ook

gepoog “to better understand and explain why these patterns and dynamics are

occurring” (Osmer 2008:4).

In hierdie laaste hoofstuk sal iets van die interpreterende taak steeds na vore kom,

maar die klem sal veral wees op die normatiewe taak – “What ought to be going on?”

(Osmer 2008:4) – en in mindere mate ook die pragmatiese taak. Osmer (2008:4)

beskryf hierdie pragmatiese taak as “Determining strategies of action that will influence

situations in ways that are desirable...”. Dit kan immers nie anders nie as dat ʼn studie

soos hierdie ook aandag sal gee aan die vraag “How might we respond?” (Osmer

2008:4).

Die normatiewe en pragmatiese taak van die pastor kom in die volgende afdeling aan

die orde. Die titel van die verslag praat van ʼn “pastorale betrokkenheid” by lidmate. Dit

is hierdie saak wat vervolgens bespreek word.

1.3 Pastorale betrokkenheid

Vroeg in die heel eerste gesprek verduidelik ek vir die mede-navorsers dat ons mekaar

moet begelei om beter aan te pas, om 'n meer suksesvolle

deelname aan die nuwe SA te kan hê [Albert 1-025]. In aansluiting by Steier

(1991:170) wou hierdie navorsingsprojek ʼn “collaborative learning program” wees. Die

bedoeling was dat die mede-navorsers uit die navorsing self ʼn waarde sou put [Albert

1-127] en nie net diegene wat die navorsingsverslag na die tyd lees nie. In die

gesprekke sou ons mekaar kon uitdaag ten einde self ʼn “nuwe storie” (Müller 2000a:20)

te kan skryf. ʼn Belangrike aspek hiervan is natuurlik “locating their personal stories

within the framework of the Christian story” (Capps 1993:1).

Die beeld wat die beste verwoord hoe ek my betrokkenheid by die mede-navorsers

sien, is dié van die Ganzevoort (2009:6) wat sê die gids wat begelei, “is not an

omniscient narrator, but a fellow traveller.” As gids is my taak “guidance in the hidden

and forbidden zone of the sacred.” Dis nie net die mede-navorsers wat sin moet maak

in post-apartheid Suid-Afrika nie; as navorser staan ek en hulle in dieselfde skoene.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!