LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem p10 3.3 Die normatiewe taak Die normatiewe taak verwoord die soeke na 'n etiese riglyn vir die respons op dít wat in die vorige twee take ontdek en beskryf is. In sy eie woorde: “Using theological concepts to interpret particular episodes, situations, or contexts, constructing ethical norms to guide our responses, and learning from ‘good practice’” (Osmer 2008:4). As Ganzevoort (2009:6) “tracing” as “following” beskryf, dan gebruik hy die woord “discipleship” en hy haal Paulus se woorde uit Filippense 3 aan waar hy sê dat hy besef dat hy nog nie alles al bereik het nie, maar dat hy hom inspan en uitstrek om dit te kan bereik. Dis hier waar die gelowige “tries to grasp what God had intended” (Ganzevoort 2009:6). By beide skrywers gaan dit dus oor die soeke na die etiese, 'n soeke na 'n beter, meer Bybelsverantwoorde manier van lewe in 'n spesifieke situasie. In hierdie navorsingsverslag fokus die development aspek van die ABDCE-model op die ondersoek na die praktyk van wit Afrikaners se lewe voor die groot omwenteling in 1994. Soos Lamott (1995:62) sê: “Then you develop these people, so that we learn what they care most about. The plot – the drama, the actions, the tensions – will grow out of that.” 3.4 Die pragmatiese taak Osmer (2008:4) se pragmatiese taak “Determining strategies of action that will influence situations in ways that are desirable and entering into a reflective conversation with the ‘talk back’ emerging when they are enacted” kom ooreen met Ganzevoort (2009:6) se “tracing” as “sketching.” Hy beskryf dit as “envisioning and developing a world in which we can live faithfully.” Hierdeur sê Ganzevoort in sy eie woorde dieselfde as Osmer, naamlik dat praktiese teologie ook die taak het om die wêreld te ontwikkel. Müller, Van Deventer en Human (2001:86) se climax sluit aan by die pragmatiese taak. Hulle gebruik weer die woorde van Lamott (1995:62) wat die klimaks beskryf as 'n gebeure “after which things are different for the main characters...”. In hierdie navorsingsverslag korreleer dit met die longitudinale opvolg waarin gekyk sal word of enigiets verander het.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem p11 In terme van die ABDCE-model wat gekies is as struktuur vir die neerskryf van hierdie navorsingsverslag, sal die res van hierdie eerste hoofstuk besig wees met die aksie (action) deel van die model, dit wil sê met vrae oor wat in die huidige oomblik, die nou gebeur ten opsigte van die fokus van die navorsing. Met huidige oomblik word natuurlik bedoel die tyd van die aanvanklike navorsing, naamlik 1998. Wat gebeur wat so meeslepend is dat dit “make us want to know more” (Lamott 1995:62)? Hierdie vraag word aangespreek in die volgende afdeling onder die opskrif Voorafgaande. Voordat daartoe oorgegaan kan word, moet nog net eers duidelik gemaak word wat verder in hierdie hoofstuk aan die orde gestel word. In aansluiting by die action-vraag na die nou, kyk ek in die probleemsamehang na my persoonlike belangstelling by die onderwerp teen die agtergrond van 'n bepaalde ervaring wat ek in die NG Kerk gehad het. Hierna word die (mede)-navorsers voorgestel, gevolg deur 'n verduideliking van die intensie en verwagtinge van die navorsing. Die grootste deel van hoofstuk word gewy aan die paradigma, epistemologie en metodologie. Die hoofstuk sluit af met 'n bespreking van die beperkings van die studie en 'n beskrywing van wat in die verdere hoofstukke verwag kan word. 4. Voorafgaande In 1994 het die lewe in Suid-Afrika dramaties verander. Na ʼn bewind van meer as vyf dekades het die Nasionale Party (NP) bewind en die amptelike beleid bekend as apartheid, formeel tot ’n einde gekom met die eerste volle demokratiese verkiesing in Suid-Afrika. Op 27 April 1994, vir die eerste keer in die meer as 300 jaar sedert die begin van Europese kolonisasie, het lede van alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika die geleentheid gehad om te stem vir die party van sy of haar keuse. Die sogenaamde nuwe Suid-Afrika is gebore. Enige nuwe begin laat egter iets van die oue agter. Die ou Suid-Afrika mag dalk dood wees, maar die verlede word nie wegwens nie; die vergrype bly spook, die geraamtes val steeds uit die kas. In die res van hierdie afdeling sal aangetoon word hoe die WVK-proses die laaste geheime van apartheid onthul het, hoe verskillende mense verskillende standpunte gehuldig het oor die toekoms van die nuwe Suid-Afrika en laastens die uitdagings aan die kerk.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p11

In terme van die ABDCE-model wat gekies is as struktuur vir die neerskryf van hierdie

navorsingsverslag, sal die res van hierdie eerste hoofstuk besig wees met die aksie

(action) deel van die model, dit wil sê met vrae oor wat in die huidige oomblik, die nou

gebeur ten opsigte van die fokus van die navorsing. Met huidige oomblik word natuurlik

bedoel die tyd van die aanvanklike navorsing, naamlik 1998. Wat gebeur wat so

meeslepend is dat dit “make us want to know more” (Lamott 1995:62)? Hierdie vraag

word aangespreek in die volgende afdeling onder die opskrif Voorafgaande.

Voordat daartoe oorgegaan kan word, moet nog net eers duidelik gemaak word wat

verder in hierdie hoofstuk aan die orde gestel word. In aansluiting by die action-vraag

na die nou, kyk ek in die probleemsamehang na my persoonlike belangstelling by die

onderwerp teen die agtergrond van 'n bepaalde ervaring wat ek in die NG Kerk gehad

het. Hierna word die (mede)-navorsers voorgestel, gevolg deur 'n verduideliking van die

intensie en verwagtinge van die navorsing. Die grootste deel van hoofstuk word gewy

aan die paradigma, epistemologie en metodologie. Die hoofstuk sluit af met 'n

bespreking van die beperkings van die studie en 'n beskrywing van wat in die verdere

hoofstukke verwag kan word.

4. Voorafgaande

In 1994 het die lewe in Suid-Afrika dramaties verander. Na ʼn bewind van meer as vyf

dekades het die Nasionale Party (NP) bewind en die amptelike beleid bekend as

apartheid, formeel tot ’n einde gekom met die eerste volle demokratiese verkiesing in

Suid-Afrika. Op 27 April 1994, vir die eerste keer in die meer as 300 jaar sedert die

begin van Europese kolonisasie, het lede van alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika die

geleentheid gehad om te stem vir die party van sy of haar keuse. Die sogenaamde

nuwe Suid-Afrika is gebore. Enige nuwe begin laat egter iets van die oue agter.

Die ou Suid-Afrika mag dalk dood wees, maar die verlede word nie wegwens nie; die

vergrype bly spook, die geraamtes val steeds uit die kas. In die res van hierdie afdeling

sal aangetoon word hoe die WVK-proses die laaste geheime van apartheid onthul het,

hoe verskillende mense verskillende standpunte gehuldig het oor die toekoms van die

nuwe Suid-Afrika en laastens die uitdagings aan die kerk.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!