25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

HOOFSTUK 5

DIE POST-APARTHEID VERHAAL?

(ʼn Verhaal van ʼn einde) 38

In my eie apartheidsverhaal kon ek ervaar hoe ek met verloop van tyd

vorder van storytelling tot storymaking. Deur die verhaal te vertel aan

simpatieke maar kritiese luisteraars, kon ek self 'n nuwe storie oor my

apartheidsverlede vertel wat my toelaat om aan 'n beter toekoms te

werk... Ek het vroeër reeds met my verstand besef dat ons foute

gemaak het en dat daar verandering moes kom. Maar as deel van

daardie groep Christene in 'n vreemde land het dit 'n emosionele

belydenis geword wat ek ook in 'n groepgesprek uitgespreek het. Ek

glo dit was 'n waterskeidingsmoment in my eie houding en siening van

die situasie in ons land (Müller 2000a:20,21).

1. Inleiding

Hoeveel “waterskeidingsmomente” daar in die lewe van die mede-navorsers en ander

wit Afrikaners oor die afgelope paar jaar was, bly ʼn ope vraag. Dit is hierdie

onsekerheid wat maak dat die titel van die hoofstuk doelbewus eindig met ʼn

vraagteken. Hierdie hoofstuk is inderdaad bloot net ʼn verhaal van ʼn einde en geensins

dié verhaal van ʼn einde nie. Ander groepe sal ander post-apartheid verhale kan skryf

en jare van nou af gaan die betrokkenes hopelik ʼn beter verhaal oor die nalatenskap

van apartheid skryf. Beter, in die sin dat daar meer begrip is vir wat apartheid aan swart

mense gedoen het; die nalatenskap van daardie tyd met meer insig hanteer is, en dit

goed gaan met die versoening tussen swart en wit.

Hopelik sal elke betrokkene daagliks ʼn beter ending-verhaal skryf, want daar gebeur

daagliks dinge wat ʼn impak het op die interaksie tussen wit en swart mense. Juis omdat

die verhaal van post-apartheid Suid-Afrika ʼn voortgaande verhaal is, was dit nodig om

ʼn afsnypunt te kies vir hier die navorsing. Die jaar 2012 is gekies omdat dit saamval

met die vyftigste bestaansjaar van die NG Kerk se Algemene Sinode. Gesien in die lig

van die onderwerp van hierdie studie, is 2012 dus ʼn baie betekenisvolle datum. Dit kom

ook in die verslag aan die orde wanneer gekyk word na die jongste besluite van die

Algemene Sinode. Dit was ook nodig om vanuit ʼn pragmatiese hoek ʼn afsnypunt te kies

ter wille van die afhandeling van die verslag. Die datum wat hiervoor gekies is, is die

38 Met verwysing na die vyfde deel (ending) van Müller, Van Deventer en Human (2001) se ABDCEmodel.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!