LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p250 sal wit Afrikaners hieraan sigbare gestalte moet gee ten spyte van Johan [11-255] se vrees: Ek is maar net hoopvol dat die nuwe geslag, wit kinders en swart kinders gaan mekaar vind, kan saamwerk en dat ons nie soos die res van Afrika gaan word nie. 4.9 Die jeug vir die toekoms? Danie praat baie negatief oor die jeug. Hy vertel van sy kollegas wat sy lewe vir hom moeilik maak en voeg dan by met jou jonger garde is dit tien maal erger [Danie 13-133]. Hy praat van ʼn gebrek aan respek by jongeres [13-145] en skielik het dit net lelik geraak [13-158]. Linda [13-188] sluit by hom aan en verwys ook na die jeug wat nie dissipline en respek het nie. Aan die ander kant is daar ʼn baie groter positiwiteit by die meeste ander medenavorsers oor die rol van die jeug. Selfs Linda [13-256], ten spyte van die aanhaling hierbo, sê Ek dink ons jeug gaan opstaan en sê genoeg is genoeg. Mike [10-137] reken die verandering gaan meer geslagsgebonde wees waarmee hy bedoel dat die volgende geslag deel van die oplossing sal wees. Hy verwys na sy seun wat in ʼn gemengde rugbyspan speel [10-144] en sê ook ons geslag vind dit makliker as die geslag bo ons [Mike 10-150]. Johan [11-043] stem saam: Terwyl die nuwe geslag wat nou deurkom... hopelik sal hulle dit makliker kan doen. Tog is dit dieselfde Johan [17-035] wat, saam met sy hoop oor die jeug, sy bekommernis verwoord: Gelukkig lyk dit of die jonger geslag makliker daarby aanpas en kan ʼn mens maar net hoop dat hulle geleenthede sal gegun word om ʼn bydrae te lewer tot die ontwikkeling van ons mooi land. Indien nie is hierdie maar net nog ʼn snuifgetrapte Afrikaland in die toekoms.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p251 5. Samevatting In hierdie hoofstuk is die menings van die mede-navorsers soos uitgedruk in 2012 weergegee. Sommige daarvan is hoopvol, terwyl daar ook ʼn beduidende bekommernis oor die toekoms van Suid-Afrika is. Volgens die gekose ABDCE-skema is hierdie hoofstuk gewy aan ʼn verhaal van die klimaks. Hiervolgens moes hierdie hoofstuk die hoogtepunt van die navorsing gewees het. Of dit wel ʼn klimaks, of dalk ʼn antiklimaks is, sal die leser maar self moet oordeel. Die mede-navorsers kom weereens aan die woord oor die temas wat in die vorige hoofstuk bespreek is. Hulle gee hulle menings oor apartheid as beleid, oor die twee wêrelde waarin Suid-Afrikaners steeds leef en oor die onvermydelike kwessie van ras en rassisme. Die vraag oor wit skuld, die rol van die NG Kerk, regstellende aksie en die uitdagings op die pad vorentoe, word bespreek. In die laaste hoofstuk, ʼn verhaal van ʼn einde, sal gekyk word na wat die rol en pad van wit Afrikaanse Christene in hierdie post-apartheid Suid-Afrika sal moet wees om deel te wees van die toekoms van hierdie land.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p251

5. Samevatting

In hierdie hoofstuk is die menings van die mede-navorsers soos uitgedruk in 2012

weergegee. Sommige daarvan is hoopvol, terwyl daar ook ʼn beduidende bekommernis

oor die toekoms van Suid-Afrika is. Volgens die gekose ABDCE-skema is hierdie

hoofstuk gewy aan ʼn verhaal van die klimaks. Hiervolgens moes hierdie hoofstuk die

hoogtepunt van die navorsing gewees het. Of dit wel ʼn klimaks, of dalk ʼn antiklimaks is,

sal die leser maar self moet oordeel.

Die mede-navorsers kom weereens aan die woord oor die temas wat in die vorige

hoofstuk bespreek is. Hulle gee hulle menings oor apartheid as beleid, oor die twee

wêrelde waarin Suid-Afrikaners steeds leef en oor die onvermydelike kwessie van ras

en rassisme. Die vraag oor wit skuld, die rol van die NG Kerk, regstellende aksie en die

uitdagings op die pad vorentoe, word bespreek.

In die laaste hoofstuk, ʼn verhaal van ʼn einde, sal gekyk word na wat die rol en pad van

wit Afrikaanse Christene in hierdie post-apartheid Suid-Afrika sal moet wees om deel te

wees van die toekoms van hierdie land.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!