25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p250

sal wit Afrikaners hieraan sigbare gestalte moet gee ten spyte van Johan [11-255] se

vrees: Ek is maar net hoopvol dat die nuwe geslag, wit kinders en

swart kinders gaan mekaar vind, kan saamwerk en dat ons nie soos

die res van Afrika gaan word nie.

4.9 Die jeug vir die toekoms?

Danie praat baie negatief oor die jeug. Hy vertel van sy kollegas wat sy lewe vir hom

moeilik maak en voeg dan by met jou jonger garde is dit tien maal

erger [Danie 13-133]. Hy praat van ʼn gebrek aan respek by jongeres [13-145] en

skielik het dit net lelik geraak [13-158]. Linda [13-188] sluit by hom aan

en verwys ook na die jeug wat nie dissipline en respek het nie.

Aan die ander kant is daar ʼn baie groter positiwiteit by die meeste ander medenavorsers

oor die rol van die jeug. Selfs Linda [13-256], ten spyte van die aanhaling

hierbo, sê Ek dink ons jeug gaan opstaan en sê genoeg is genoeg. Mike

[10-137] reken die verandering gaan meer geslagsgebonde wees waarmee

hy bedoel dat die volgende geslag deel van die oplossing sal wees. Hy verwys na sy

seun wat in ʼn gemengde rugbyspan speel [10-144] en sê ook ons geslag vind

dit makliker as die geslag bo ons [Mike 10-150]. Johan [11-043] stem

saam: Terwyl die nuwe geslag wat nou deurkom... hopelik sal hulle

dit makliker kan doen.

Tog is dit dieselfde Johan [17-035] wat, saam met sy hoop oor die jeug, sy

bekommernis verwoord:

Gelukkig lyk dit of die jonger geslag makliker

daarby aanpas en kan ʼn mens maar net hoop dat hulle

geleenthede sal gegun word om ʼn bydrae te lewer tot

die ontwikkeling van ons mooi land. Indien nie is

hierdie maar net nog ʼn snuifgetrapte Afrikaland in

die toekoms.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!