LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p248 het ons is jammer moet ons nou meer uitreik. Twee probleme kom na vore: Eerstens sien hy die sinode wat bely het dat apartheid verkeerd is, as ʼn groep dominees. Vir hom is dit nie die Kerk nie. En tweedens identifiseer hy ook nie met die belydenis nie. Vir die NG Kerk om relevant te bly, sal die lidmate begelei moet word om die belydenis van die Algemene Sinode te onderskryf. ʼn Tweede saak wat ook met die rol van die Kerk te make het, is hoe die Kerk lidmate moet begelei om op te tree in hierdie post-apartheid samelewing. George [15-495] vra: Wat beteken dit as ek nie rassisties sou wou optree nie? Hoe moet ek dit konkreet doen? En ek wonder of die kerk genoeg daaroor met mense praat?. Die NG Kerk sal – hoe jammerlik dit ook al klink om dit so te moet sê – begin deur die lidmate te leer dat alle mense menswaardig behandel moet word ongeag van kleur. Dit is ontstellend dat in vier van die gesprekke die NG Kerk se versoeningsrol ten opsigte van swart mense beskryf is met die woord uitreike [Mike 10-356; Danie 13-368; Isak 14-339; George 15-406]. Natuurlik is daar ʼn taak vir die Kerk in die verligting van maatskaplike nood, maar dit is asof wit mense steeds nie in staat is om die dieperliggende kwessie van menswaardigheid raak te sien nie. Solank die Kerk maar net uitreik na mense in nood, selfs al is dit op ʼn paternalistiese manier, is dit blykbaar in orde. 4.8 Nuwe Suid-Afrikaners? In ʼn toespraak by die jaarkongres van die FAK vra Theuns Eloff (2007:119), die Visekanselier van die Noordwes-Universiteit of daar “nuwe Afrikaners” vir die “nuwe Suid-Afrika” is. Dit is dieselfde vraag as wat die Helen Suzman Foundation (2010) vra. Eloff plaas “ruimte vir diversiteit” in ʼn matriks met die “noodsaaklikheid van eenheid”. Hy haal vir Bobby Godsell aan wat blykbaar gesê het dat ʼn mens in die Suid-Afrikaanse politiek net twee dinge moet onthou: “Die eerste is dat meer as 75% van die mense in die land swart (Africans) is; die tweede is dat indien die oorblywende 25% nie ook by die toekoms betrokke is nie, is die land, sagkens gestel, in sy dinges in. En die Afrikaner en Afrikaanses is deel van hierdie 25%” (Eloff 2007:125). Hierdie matriks is sekerlik nie die enigste manier om die situasie in Suid-Afrika te
Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p249 beskryf nie. Wat egter wel waar is, is dat daar ʼn “nuwe Afrikaner” nodig is. Dit is net nie moontlik om voort te leef asof niks in die land verander het nie. Dit is asof ek by mense hoor maar niks het nog verander nie, ons kan nog hier leef soos ons voor 1994 geleef het [Albert 12-359]. Waarop Hanlie [12-363] antwoord met: Ja dit is ʼn totale denial, absolute denial. Dit is ook nie wenslik om soos Johan te redeneer nie. Hy beweer: ons geslag is amper verby [Johan 11-254]. Onttrekking uit die samelewing is nie ʼn oplossing vir die uitdagings nie. Alles kan nie maar net oorgelaat word aan die volgende geslag nie. Danie [13-579] sê: Ek is ʼn Afrikaner... ek is ʼn Afrikaan. My wortels, my geboortereg is in hierdie grond. Ook Johan [11-269] beskou homself as van Afrika. Presies wat dit beteken, sal ondersoek met word. Sparks (1990:xvi) se beskrywing van die wêreld van wit Suid-Afrika laat die vraag ontstaan of wit Afrikaners werklik van Afrika is, of wil wees: Today, three-and-a-half centuries later, Europe still survives in this southern part of Africa in defiance of the rest of the world... Africa, with its stirring millions, is kept at a distance, out of sight in rural reserves and urban ghettos. The bitter-almond hedge lives on, institutionalized in a thousand laws to exclude the dark-skinned indigenous people and preserve the illusion that South Africa is really a ‘white’ country. Later gaan hy voort op hierdie tema: White South Africans are not evil, as much of the world believes. But they are blind – blinded by the illusion they have created for themselves that they live in a white country in Africa, that it belongs to them by right and to no others, and by the self-centredness this has induced (Sparks 1990:xvii). Sal wit Afrikaners in staat wees om hierdie illusie te deurbreek en raak te sien dat Suid- Afrika deel is van die kontinent van Afrika en nie ʼn enklawe van Europa soos dit dikwels voorgehou is nie? Swanepoel (1997:3) beskuldig die Afrikaners dat hulle dikwels nie deel wíl wees van Afrika nie: “Miskien is dit ons Afrikaners se grootste sonde, groter selfs as apartheid, dat ons – die linkses net soveel as die regses – nie werklik belang stel in Afrika nie.” Om waarlik deel te wees van die “nuwe” Suid-Afrika
- Page 213 and 214: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 215 and 216: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 217 and 218: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 219 and 220: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 221 and 222: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 223 and 224: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 225 and 226: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 227 and 228: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 229 and 230: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 231 and 232: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 233 and 234: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 235 and 236: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 237 and 238: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 239 and 240: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 241 and 242: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 243 and 244: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 245 and 246: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 247 and 248: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 249 and 250: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 251 and 252: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 253 and 254: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 255 and 256: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 257 and 258: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 259 and 260: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 261 and 262: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 263: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 267 and 268: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 269 and 270: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 271 and 272: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 273 and 274: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 275 and 276: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 277 and 278: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 279 and 280: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 281 and 282: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 283 and 284: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 285 and 286: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 287 and 288: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 289 and 290: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 291 and 292: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 293 and 294: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 295 and 296: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 297 and 298: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 299 and 300: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 301 and 302: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 303 and 304: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 305 and 306: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 307 and 308: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 309 and 310: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 311 and 312: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 313 and 314: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p249

beskryf nie. Wat egter wel waar is, is dat daar ʼn “nuwe Afrikaner” nodig is. Dit is net nie

moontlik om voort te leef asof niks in die land verander het nie.

Dit is asof ek by mense hoor maar niks het nog verander nie, ons

kan nog hier leef soos ons voor 1994 geleef het [Albert 12-359].

Waarop Hanlie [12-363] antwoord met: Ja dit is ʼn totale denial, absolute

denial. Dit is ook nie wenslik om soos Johan te redeneer nie. Hy beweer: ons

geslag is amper verby [Johan 11-254]. Onttrekking uit die samelewing is nie ʼn

oplossing vir die uitdagings nie. Alles kan nie maar net oorgelaat word aan die

volgende geslag nie. Danie [13-579] sê: Ek is ʼn Afrikaner... ek is ʼn

Afrikaan. My wortels, my geboortereg is in hierdie grond. Ook Johan

[11-269] beskou homself as van Afrika. Presies wat dit beteken, sal ondersoek met

word.

Sparks (1990:xvi) se beskrywing van die wêreld van wit Suid-Afrika laat die vraag

ontstaan of wit Afrikaners werklik van Afrika is, of wil wees:

Today, three-and-a-half centuries later, Europe still survives in this

southern part of Africa in defiance of the rest of the world... Africa, with

its stirring millions, is kept at a distance, out of sight in rural reserves

and urban ghettos. The bitter-almond hedge lives on, institutionalized in

a thousand laws to exclude the dark-skinned indigenous people and

preserve the illusion that South Africa is really a ‘white’ country.

Later gaan hy voort op hierdie tema:

White South Africans are not evil, as much of the world believes. But

they are blind – blinded by the illusion they have created for themselves

that they live in a white country in Africa, that it belongs to them

by right and to no others, and by the self-centredness this has induced

(Sparks 1990:xvii).

Sal wit Afrikaners in staat wees om hierdie illusie te deurbreek en raak te sien dat Suid-

Afrika deel is van die kontinent van Afrika en nie ʼn enklawe van Europa soos dit

dikwels voorgehou is nie? Swanepoel (1997:3) beskuldig die Afrikaners dat hulle

dikwels nie deel wíl wees van Afrika nie: “Miskien is dit ons Afrikaners se grootste

sonde, groter selfs as apartheid, dat ons – die linkses net soveel as die regses – nie

werklik belang stel in Afrika nie.” Om waarlik deel te wees van die “nuwe” Suid-Afrika