25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p248

het ons is jammer moet ons nou meer uitreik. Twee probleme kom na

vore: Eerstens sien hy die sinode wat bely het dat apartheid verkeerd is, as ʼn groep

dominees. Vir hom is dit nie die Kerk nie. En tweedens identifiseer hy ook nie met die

belydenis nie. Vir die NG Kerk om relevant te bly, sal die lidmate begelei moet word om

die belydenis van die Algemene Sinode te onderskryf.

ʼn Tweede saak wat ook met die rol van die Kerk te make het, is hoe die Kerk lidmate

moet begelei om op te tree in hierdie post-apartheid samelewing. George [15-495] vra:

Wat beteken dit as ek nie rassisties sou wou optree nie? Hoe

moet ek dit konkreet doen? En ek wonder of die kerk genoeg

daaroor met mense praat?.

Die NG Kerk sal – hoe jammerlik dit ook al klink om dit so te moet sê – begin deur die

lidmate te leer dat alle mense menswaardig behandel moet word ongeag van kleur. Dit

is ontstellend dat in vier van die gesprekke die NG Kerk se versoeningsrol ten opsigte

van swart mense beskryf is met die woord uitreike [Mike 10-356; Danie 13-368; Isak

14-339; George 15-406]. Natuurlik is daar ʼn taak vir die Kerk in die verligting van

maatskaplike nood, maar dit is asof wit mense steeds nie in staat is om die

dieperliggende kwessie van menswaardigheid raak te sien nie. Solank die Kerk maar

net uitreik na mense in nood, selfs al is dit op ʼn paternalistiese manier, is dit blykbaar in

orde.

4.8 Nuwe Suid-Afrikaners?

In ʼn toespraak by die jaarkongres van die FAK vra Theuns Eloff (2007:119), die

Visekanselier van die Noordwes-Universiteit of daar “nuwe Afrikaners” vir die “nuwe

Suid-Afrika” is. Dit is dieselfde vraag as wat die Helen Suzman Foundation (2010) vra.

Eloff plaas “ruimte vir diversiteit” in ʼn matriks met die “noodsaaklikheid van eenheid”.

Hy haal vir Bobby Godsell aan wat blykbaar gesê het dat ʼn mens in die Suid-Afrikaanse

politiek net twee dinge moet onthou: “Die eerste is dat meer as 75% van die mense in

die land swart (Africans) is; die tweede is dat indien die oorblywende 25% nie ook by

die toekoms betrokke is nie, is die land, sagkens gestel, in sy dinges in. En die

Afrikaner en Afrikaanses is deel van hierdie 25%” (Eloff 2007:125).

Hierdie matriks is sekerlik nie die enigste manier om die situasie in Suid-Afrika te

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!