25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p246

Isak [14-451] praat oor versoening tussen wit en swart wat onmoontlik gemaak word

deur daai diep gewortelde vooroordele. Hy gaan verder:

Solank as die wit mense bedreig gaan voel, solank as

wat daar gevoel word daar word gediskrimineer,

solank as wat jy voel dat regstellende aksie en ons

plase gaan gevat word, jy weet, ek nou wil hulle kom

met hierdie wealth tax nè, dat hulle ook die wit

mense... die veronderstelling is as jy wit is, het

jy geld. Solank dit nog daar is gaan jy nooit

werklik versoening kry nie [Isak 14-457]

Vir Johan [17-140] is sy sterk groepsgevoel die saak wat die belangrikste is as hy praat

oor die pad vorentoe:

Ek het aanvaar dat baie dinge verkeerd was. Hoe

langer die NSA egter aangaan onstaan die vraag

dikwels hoekom voel dit asof daar net van my en

mense soos ek verwag word om aan te pas en

toegewings te maak terwyl die ander net wil hê en

eise stel nie. Hoekom word ons niks gegun nie?

4.7.3 Die rol van die NG Kerk op pad na die toekoms

In die 1998 navorsing was daar veral twee kwessies rondom die NG Kerk wat sterk na

vore getree het. Die een was dat die NG Kerk vir jare lidmate mislei het deur die beleid

van apartheid teologies te regverdig [Frans 1-456]. Die tweede was dat die NG Kerk

aan die slaap was vir soveel jare [Danie 4-466] en nooit die onreg, die

spreekwoordelike olifant in die kamer, raakgesien het nie.

Dit was nie net die mede-navorsers se menings nie, maar ook dié van

ander persone. Tydens die derde gesprek haal ek aan uit ʼn brief van

Peter, ʼn swart predikant van die NGKA. Ek het hom gevra om sy

gedagtes oor apartheid op skrif te stel: Gelowiges het die Woord

van God gelees maar nie geluister nie. Liefde was nie

daarso nie. Apartheid het die blankes verblind. Hulle

het dit 'n norm vir hulle lewe gemaak in plaas van

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!