25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p245

4.7.2 Bekommerd oor die toekoms

Deur die bank het die mede-navorsers hulle uitgespreek oor kwessies wat hulle meen

dit vir hulle moeilik maak om positief te bly oor die toekoms van Suid-Afrika. George

[15-588] vertel van die oorweldigende armoede wat hy in die swart townships teëkom.

Hy voel magteloos hieroor omdat hy persoonlik niks kan doen om dit om te keer nie.

Vir Karin [18-315] is daar talle voorbeelde van uiters patetiese diens,

arrogansie en Babelse verwarring. Johan is bekommerd oor die vertroue

tussen wit en swart. Hy sê reguit dat die twee groepe mekaar nooit sal vertrou solank

daar nog Malemas rondloop nie [Johan 17-219]. Hy verwys natuurlik na die

voormalige president van die ANC Jeugliga Julius Malema wat berug geraak het vir sy

uitsprake wat sommige as haatspraak beleef.

Ten spyte van Danie [13-292] se geloof dat God nog ʼn taak vir die wit mense hier het,

klink hy tog heel sinies as hy praat oor Suid-Afrika: Ons sit met korrupsie, die

hoogste in die wêreld, ons sit met moord en doodslag, die

hoogste in die wêreld. Korrupsie speel ook by van die ander ʼn rol: Ek begin

mense wantrou vanweë die geweldig baie bedrog. Van mense wat in

vertrouensposisies is [Karin 11-246]. In haar geskrewe reaksie verwoord sy

haar kommer so:

Wanneer mens al die verval in die wit, bruin en

swart gemeenskappe sien en gedurig gekonfronteer

word met die grusaamste misdade, korrupsie en

verval, kan mens nie anders as om te wonder wat die

toekoms werklik vir ons inhou nie. Veral wanneer

mens nou naby jou aftree-ouderdom kom en die chaos

om jou groei lustig voort [Karin 18-306].

ʼn Laaste saak wat ook aangespreek word, is die grondkwessie wat opgelos moet word

[Hanlie 12-320]. Dit is presies hierdie laaste twee sake wat die moderator van die Wes-

Kaapse sinode aanspreek na sy besoek aan Malawi. Braam Hanekom

(2011b:elektroniese bron) skryf sy ervarings daar het hom geleer van die belang van

goeie leierskap en die sinvolle benutting van landbougrond – juis van die sake waaraan

Suid-Afrika tans ʼn gebrek het.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!