25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p244

4.7.1 Gemaklik in ʼn ongemaklike land 37

Die meeste van die mede-navorsers gebruik woorde soos positief [Frans 9-850],

hoop [Elsa 9-895], ons probeer [Johan 11-212] en ons vorder [Isak 14-401]

wanneer hulle praat oor die toekoms van Suid-Afrika. Dit beteken nie dat hulle nie hulle

bekommernisse uitspreek oor die toekoms nie. Wanneer ek met Hanlie praat oor die

Afrikaners wat oor die algemeen nie ʼn Afrikataal kan praat nie, en dikwels ook nie

moeite doen om dit aan te leer nie, gebruik sy die uitdrukking dat dit nog te

gemaklik [is] in die land wat vir ons so ongemaklik is [Hanlie

12-204]. Dalk verwoord sy daarmee meer as wat sy self besef.

Sedert 1994 het die optimisme oor die toekoms baie gewissel [Johan 17-210]. Daar

was die tyd van euforie net na die 1994-verkiesing wat ʼn potensiële bloedbad voorkom

het. Skaars ʼn jaar later is dit die Rugby Wêreldbeker wat plaaslik gewen word. Die

Sokker Wêreldbeker van 2010 het weer mense saamgesnoer. Ongelukkig was daar

tussen-in die voortdurende berigte van leiers wat die land besteel met oneerlike

transaksies [Hanlie 12-579], die hoë vlakke van misdaad en gebrekkige dienslewering

– om maar net drie te noem – wat knaag aan die optimisme.

Johan [17-029] is dalk die eerlikste as hy sê dat hy die veranderings as

onvermydelik aanvaar en daarby probeer aanpas. Elsa [9-898] verraai tog,

te midde van baie optimisme oor die toekoms, ʼn stukkie nostalgie as sy sê: “Sal

miskien nooit weer heeltemal wees soos in die tyd toe die

blankes regeer het nie.

ʼn Saak wat by verskillende van die mede-navorsers uitgekom het, is die belydenis dat

God in beheer is [Karin 11-311]. Linda [13-298] verklaar dat sy glo dat God hier in Suid-

Afrika en in Welkom nog groot dinge gaan laat gebeur. Hierin sluit sy by haar

man aan wat sê: Ek glo dat ons hier in die Suidpunt van Afrika

geplaas is, dat hier geestelik groot dinge gaan gebeur. Ek dink

net die blanke het sy geestelike taak versaak [Danie 13-280].

Al is die blik op die toekoms positief, weerhou dit nie die mede-navorsers om hulle

kommer oor die toekoms te verwoord nie. Dit is ook te verstane dat hierdie

bekommernisse by die meeste van hulle dieselfde is.

37 Na aanleiding van ʼn opmerking van Hanlie [12-204].

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!