25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p10

3.3 Die normatiewe taak

Die normatiewe taak verwoord die soeke na 'n etiese riglyn vir die respons op dít wat in

die vorige twee take ontdek en beskryf is. In sy eie woorde: “Using theological concepts

to interpret particular episodes, situations, or contexts, constructing ethical norms to

guide our responses, and learning from ‘good practice’” (Osmer 2008:4).

As Ganzevoort (2009:6) “tracing” as “following” beskryf, dan gebruik hy die woord

“discipleship” en hy haal Paulus se woorde uit Filippense 3 aan waar hy sê dat hy

besef dat hy nog nie alles al bereik het nie, maar dat hy hom inspan en uitstrek om dit

te kan bereik. Dis hier waar die gelowige “tries to grasp what God had intended”

(Ganzevoort 2009:6). By beide skrywers gaan dit dus oor die soeke na die etiese, 'n

soeke na 'n beter, meer Bybelsverantwoorde manier van lewe in 'n spesifieke situasie.

In hierdie navorsingsverslag fokus die development aspek van die ABDCE-model op

die ondersoek na die praktyk van wit Afrikaners se lewe voor die groot omwenteling in

1994. Soos Lamott (1995:62) sê: “Then you develop these people, so that we learn

what they care most about. The plot – the drama, the actions, the tensions – will grow

out of that.”

3.4 Die pragmatiese taak

Osmer (2008:4) se pragmatiese taak “Determining strategies of action that will

influence situations in ways that are desirable and entering into a reflective

conversation with the ‘talk back’ emerging when they are enacted” kom ooreen met

Ganzevoort (2009:6) se “tracing” as “sketching.” Hy beskryf dit as “envisioning and

developing a world in which we can live faithfully.” Hierdeur sê Ganzevoort in sy eie

woorde dieselfde as Osmer, naamlik dat praktiese teologie ook die taak het om die

wêreld te ontwikkel.

Müller, Van Deventer en Human (2001:86) se climax sluit aan by die pragmatiese taak.

Hulle gebruik weer die woorde van Lamott (1995:62) wat die klimaks beskryf as 'n

gebeure “after which things are different for the main characters...”. In hierdie

navorsingsverslag korreleer dit met die longitudinale opvolg waarin gekyk sal word of

enigiets verander het.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!