25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p243

Die feitelike situasie in Suid-Afrika is dat die meeste arm mense swart is en dat wit

mense oor die algemeen, onder andere as gevolg van apartheid, meer welvarend is.

Daarmee saam is die oneweredige verspreiding van welvaart soos gemeet met die

Gini-koëffisiënt die tweede grootste in die wêreld. So ʼn situasie is nie oor die

langtermyn houdbaar nie.

Is Naledi Pandor (aangehaal in Fisher 2007:111) dalk reg as sy beweer dat Suid-Afrika

se grootste probleem is dat die meeste armes swart is en dat wittes nie sien dat hulle ʼn

aandeel het in die oplos van die situasie nie? Hoe hierdie kwessie van regstellende

aksie gaan uitspeel, sal bepaal moet word op die pad vorentoe.

4.7 Die pad vorentoe

As jy voel dat jy op pad vorentoe is, maar jou gesindheid bly

nog wat dit in die apartheidsjare was, dan is jy mos nie op pad

vorentoe nie [Naomi 5-314]. Hierdie woord van Naomi is dalk meer waar as wat sy

besef. Die uitdaging vir wit Afrikaanse Christene is om sinvol te leef in ʼn totaal ander

wêreld as dié van voor 1994. Daar is tans ʼn geslag jongmense wat die volwasse lewe

betree wat weinig of selfs niks weet van apartheid nie. Op ʼn manier moet hulle egter

ook die prys betaal vir die sondes van die vaders. Hulle is egter nie die primêre fokus

van hierdie studie nie.

Die groep mede-navorsers is almal mense wat grootgeword het tydens die beleid van

apartheid. Hulle het niks anders geken nie. Vir hulle is die aanpassing baie meer

dramaties. Hulle is die een generasie wat tydens en ná apartheid geleef het (Jansen

2009:1). Hierdie feit bring unieke uitdagings wat oorkom moet word. In hierdie afdeling

word die mede-navorsers se sienings oor hierdie sake gedeel.

Ten tye van die aanvanklike navorsing skryf die redakteur van Die Kerkbode in ʼn

hoofartikel die volgende: “Moderne Afrikaners... het in sommige gevalle probleme met

hulle verlede, is in baie gevalle ontevrede met hulle hede en is in die meeste gevalle

onseker oor hulle toekoms. As daar ʼn tyd was dat Afrikaners diep en ernstig oor

hulleself moes nadink, is dit seker nóú...” (Gaum 1998:4). En nadink doen hulle, soms

doelbewus, soms genoodsaak deur omstandighede. Oorwegend is hulle positief oor die

toekoms.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!