25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p242

hy voort en vertel van sy eerstehandse ervaring van die gesindheid van persoonlike

gewin onder sommige swart bevoordeeldes:

One day a black judge gave me a lift home in the gleaming Mercedes

that was a perk of his new government position. I casually expressed

surprise that a civil servant would be entitled to such luxurious fringe

benefits. He replied brusquely that he and his family had suffered under

apartheid and he had no qualms about assuming the privileges of

power that his white predecessors had enjoyed. His attitude highlighted

the growing rift between the new elite and the people who elected them

(Goodman 1999:350).

Ian Ollis, parlementslid van die DA, vertel van ʼn swart passasier wat langs hom in die

vliegtuig gesit het. Hy was die vise-voorsitter van ʼn groot onafhanklik myn in Suid-

Afrika. Sy siening oor regstellende aksie is: “All we are achieving with [Employment

Equity legislation] is changing shares between companies, from one privileged group to

another. We are not doing anything about the large numbers of unemployed people,

many of them black, who don’t have jobs” (aangehaal in Lefko-Everett, Nyoka &

Tiscornia 2011:26).

Vanuit Afrikaner geledere is daar baie stemme wat opgaan teen die wyse waarom

regstellende aksie in Suid-Afrika toegepas word. So byvoorbeeld wys Afriforum – ʼn

afdeling van die vakbond Solidariteit – se Ernst Roets (aangehaal in Lefko-Everett,

Nyoka & Tiscornia 2011:27) op die geval van Renate Barnard. Sy is ʼn lid van die SAPD

wat reeds twee maal oorgesien is vir ʼn pos bloot omdat sy wit is. Haar kwalifikasie en

geskiktheid was telkens omtrent 20% beter as die tweede kandidaat. Sy is telkens

aanbeveel vir die pos, maar sy is nooit aangestel nie. Die saak dien tans voor die

Grondwethof.

Solidariteit se adjunk sekretaris-generaal Dirk Hermann (2006) het sy doktorale

navorsing gedoen oor die effek van regstellende aksie op die nie-aangewese groep in

Suid-Afrika. Hy bevind dat die nie-aangewese groep – wit mans – as gevolg van

regstellende aksie gevoelens van magteloosheid, betekenisloosheid, normloosheid en

isolasie ervaar wat onafwendbaar tot selfaliënasie lei (Hermann 2006:304). Sy

navorsing het neerslag gevind in die boek Die keiser is kaal (2007). Dié boek se subtitel

maak sy standpunt hieroor klokhelder: Waarom regstellende aksie misluk het.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!