25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p236

Tydens die aanvanklike navorsing sê Elsa [5-353]:

By my is daar geen twyfel dat elkeen van ons skuld

het nie. Of ons nou iets probeer doen het of nie.

Ons is almal op ʼn manier skuldig. Maar my gevoel is,

en dit het met my geaardheid te make, dat ʼn mens

half iets moet doen, of iets moet afstaan om daai

skuld van jou los te koop. Ek weet dit is seker

onbybels, die Here straf ons nie vir wat ons

verkeerd gedoen het nie.

Sy is heel filosofies daaroor as sy sê:

...dit voel vir my nog steeds ek moet op ʼn manier

boete doen. En ek dink as dit op die ou end werklik

van my gevra word, gee jou huis af, of gee een van

jou motors, of so iets, dan sal ek dalk anders voel

daaroor. Frans sê vir my as daar nou regstellende

aksie is en hy word afbetaal en hulle stel ʼn swart

persoon in sy plek aan, hoe sal ek dan daaroor voel?

Vir seker sal dit nie vir my lekker wees nie. Maar

ek voel ons moet iets teruggee [Elsa 5-361].

Ander mede-navorsers is heel uitgesproke daarteen. Johan [5-635] glo nie aan die

waarde van regstellende aksie nie: Regstellende aksie behoort op meriete

gebaseer te word. In antwoord op die vraag wat die verskil tussen regstellende

aksie en omgekeerde rassisme is, is sy antwoord: Met ons wetgewing is daar

geen verskil nie, dit is nie gebaseer op meriete nie, dis

gebaseer op ras [Johan 5-668]. Isak [5-589] is ook skepties oor die waarde van

sulke aksies: Op die korttermyn kan ons ʼn paar sake regstel, maar op

die langtermyn gaan niemand daarby baat nie. ʼn Rukkie later vra hy die

vraag: Wie kry die voordeel uit hierdie regstellende aksie? [Isak

5-594].

In ʼn gesprek oor rugby kom die onderwerp van kwotas ter sprake. Elsa [5-609] sê:

Ek is oortuig daarvan dat as dit nie vir

regstellende aksie was nie, was daai man tot vandag

toe nog nie in die span nie. So gaan dit by die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!