LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p234 4.5.4 Struikelblokke op die pad na kerkhereniging In 2009 het Anton Pienaar (2009:elektroniese bron) oor Kerkhereniging se struikelblokke geskryf. Hierin voer hy onder ander ʼn aantal redes aan waarom kerkhereniging so sloer. Sy argument dat rassisme nie meer ʼn rol speel in die NG Kerk se optrede nie, mag waar wees van die leierskap, maar op grondvlak, soos onder andere gesien in hierdie navorsing, speel dit tog nog ʼn rol. Hy is waarskynlik reg as hy sê dat vrees – en veral oor taal – ʼn groter rol speel. Sy belangrikste opmerking is egter gerig aan die NG Kerk self: Het die NG Kerk toe maar geluister, ook na sy eie profete. Strukturele eenwording van die NG Kerk-familie in die 1980's sou die weg kon baan vir selfs ʼn beter nuwe Suid-Afrika as wat ons nou het. Die NG Kerk het egter tot sy ewige verleentheid nie die insig of die moed gehad nie (Pienaar 2009:elektroniese bron). In die gesprek met Isak verwoord ek my eie bekommernis oor die herenigingsproses en ek sluit by Pienaar se standpunt hierbo aan: Ek dink ons het in Mandela se tyd ʼn baie sterker kans gehad om kerkeenheid te laat gebeur, op strukturele vlak praat ek nou, van as ooit daarna. Ek dink daai tyd is verby. Ek het self groot vrae of ons kerk hereniging gou gaan regkry en of ons dit nie maar moet los vir die volgende geslag om dit te doen nie [Albert 14-476]. Die mede-navorsers verwoord ook die verskillende vrese van lidmate oor die moontlike vereniging met kerke van ander rasse. Hierdie vrese is vanuit ʼn Bybelse perspektief oor die kerk as gemeenskap van gelowiges oor alles grense heen (Galasiërs 3:28) onrealisties, maar verstaanbaar in die lig van die apartheidstyd se denke. Isak [14-485] vra vrae oor wie vir die uitgawes gaan betaal as swart mense die kerke oorneem, en watter taal gesing [Isak 14-385] gaan word. Hy gee waarskynlik self deel van die antwoord as hy sê dat swart mense nog steeds daai behoefte om op hulle eie manier kerk te hou [Isak 14-496]. Dalk verwoord Isak [14-344] die mening van meer lidmate van die NG Kerk met hierdie woorde: ...baie mense sien die kerk nog as my kerk. Daarbuite is
Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p235 die swarte baas, maar hier in my kerk, dit is my kerk hierdie jy weet. Ek wil jou nie in my kerk hê nie, maar dit is eintlik nie my kerk nie... Die oorgang van ʼn kerk eksklusief vir wit mense na ʼn kerk na die patroon van die kerk in Handelinge, sal waarskynlik ʼn moeilike skuif wees. Jonathan Jansen (2009:35) skryf oor die Afrikaanse kerke – ook die NG Kerk – as een van drie laaste ruimtes in which Afrikaners can be left alone to be white and Afrikaans without interference; they remain the only arena that is, in many cases, still allwhite and all-Afrikaans in the new South Africa; true, there is external pressure to change from the broad church community, and there are voices of conscience within the mainstream Afrikaner churches pressing for a broader sense of mission and for recognition by world bodies that once ejected them from the international faith community; but it is entirely up to these churches, once indistinguishable from the state, to decide whether and when they will change. In aansluiting by hierdie standpunt van Jansen sê ek vir Isak: Ek stem met jou saam daar is nog baie daarvan in die kerk, daai ding van orals verander dinge, kom ons los dit in die kerk, kom ons verander nie by die kerk nie. Dit is so half ʼn laaste bastion waar ek kan terugtrek uit ʼn wêreld wat dalk nie meer so gemaklik is nie, maar by die kerk is dit darem nog ons mense [Albert 14-348]. 4.6 Regstellende aksie Vanuit ʼn politieke hoek is aangevoer dat die onregte van die verlede aangespreek en reggestel moet word. Verskillende metodes word hiervoor aangewend onder die benaming regstellende aksie. Hierdie beskrywende woord – baie meer as die Engelse affirmative action – vertel presies wat met al hierdie metodes beoog word: op ʼn manier moet die benadeling van die verlede ongedaan gemaak word. Vanuit die oogpunt van erkenning dat apartheid swart mense benadeel het, is dit onvermydelik dat so ʼn aksie wel moes gebeur. Onder die mede-navorsers is dit egter nie ʼn eenvoudige saak nie.
- Page 199 and 200: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 201 and 202: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 203 and 204: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 205 and 206: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 207 and 208: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 209 and 210: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 211 and 212: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 213 and 214: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 215 and 216: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 217 and 218: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 219 and 220: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 221 and 222: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 223 and 224: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 225 and 226: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 227 and 228: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 229 and 230: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 231 and 232: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 233 and 234: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 235 and 236: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 237 and 238: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 239 and 240: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 241 and 242: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 243 and 244: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 245 and 246: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 247 and 248: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 249: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 253 and 254: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 255 and 256: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 257 and 258: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 259 and 260: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 261 and 262: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 263 and 264: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 265 and 266: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 267 and 268: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 269 and 270: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 271 and 272: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 273 and 274: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 275 and 276: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 277 and 278: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 279 and 280: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 281 and 282: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 283 and 284: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 285 and 286: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 287 and 288: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 289 and 290: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 291 and 292: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 293 and 294: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 295 and 296: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 297 and 298: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 299 and 300: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p235

die swarte baas, maar hier in my kerk, dit is my kerk hierdie jy

weet. Ek wil jou nie in my kerk hê nie, maar dit is eintlik nie

my kerk nie... Die oorgang van ʼn kerk eksklusief vir wit mense na ʼn kerk na die

patroon van die kerk in Handelinge, sal waarskynlik ʼn moeilike skuif wees.

Jonathan Jansen (2009:35) skryf oor die Afrikaanse kerke – ook die NG Kerk – as een

van drie laaste ruimtes

in which Afrikaners can be left alone to be white and Afrikaans without

interference; they remain the only arena that is, in many cases, still allwhite

and all-Afrikaans in the new South Africa; true, there is external

pressure to change from the broad church community, and there are

voices of conscience within the mainstream Afrikaner churches

pressing for a broader sense of mission and for recognition by world

bodies that once ejected them from the international faith community;

but it is entirely up to these churches, once indistinguishable from the

state, to decide whether and when they will change.

In aansluiting by hierdie standpunt van Jansen sê ek vir Isak: Ek stem met jou

saam daar is nog baie daarvan in die kerk, daai ding van orals

verander dinge, kom ons los dit in die kerk, kom ons verander

nie by die kerk nie. Dit is so half ʼn laaste bastion waar ek kan

terugtrek uit ʼn wêreld wat dalk nie meer so gemaklik is nie,

maar by die kerk is dit darem nog ons mense [Albert 14-348].

4.6 Regstellende aksie

Vanuit ʼn politieke hoek is aangevoer dat die onregte van die verlede aangespreek en

reggestel moet word. Verskillende metodes word hiervoor aangewend onder die

benaming regstellende aksie. Hierdie beskrywende woord – baie meer as die Engelse

affirmative action – vertel presies wat met al hierdie metodes beoog word: op ʼn manier

moet die benadeling van die verlede ongedaan gemaak word. Vanuit die oogpunt van

erkenning dat apartheid swart mense benadeel het, is dit onvermydelik dat so ʼn aksie

wel moes gebeur. Onder die mede-navorsers is dit egter nie ʼn eenvoudige saak nie.