25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p234

4.5.4 Struikelblokke op die pad na kerkhereniging

In 2009 het Anton Pienaar (2009:elektroniese bron) oor Kerkhereniging se

struikelblokke geskryf. Hierin voer hy onder ander ʼn aantal redes aan waarom

kerkhereniging so sloer. Sy argument dat rassisme nie meer ʼn rol speel in die NG Kerk

se optrede nie, mag waar wees van die leierskap, maar op grondvlak, soos onder

andere gesien in hierdie navorsing, speel dit tog nog ʼn rol. Hy is waarskynlik reg as hy

sê dat vrees – en veral oor taal – ʼn groter rol speel. Sy belangrikste opmerking is egter

gerig aan die NG Kerk self:

Het die NG Kerk toe maar geluister, ook na sy eie profete. Strukturele

eenwording van die NG Kerk-familie in die 1980's sou die weg kon

baan vir selfs ʼn beter nuwe Suid-Afrika as wat ons nou het. Die NG

Kerk het egter tot sy ewige verleentheid nie die insig of die moed

gehad nie (Pienaar 2009:elektroniese bron).

In die gesprek met Isak verwoord ek my eie bekommernis oor die

herenigingsproses en ek sluit by Pienaar se standpunt hierbo aan: Ek

dink ons het in Mandela se tyd ʼn baie sterker kans

gehad om kerkeenheid te laat gebeur, op strukturele

vlak praat ek nou, van as ooit daarna. Ek dink daai

tyd is verby. Ek het self groot vrae of ons kerk

hereniging gou gaan regkry en of ons dit nie maar

moet los vir die volgende geslag om dit te doen nie

[Albert 14-476].

Die mede-navorsers verwoord ook die verskillende vrese van lidmate oor die moontlike

vereniging met kerke van ander rasse. Hierdie vrese is vanuit ʼn Bybelse perspektief oor

die kerk as gemeenskap van gelowiges oor alles grense heen (Galasiërs 3:28)

onrealisties, maar verstaanbaar in die lig van die apartheidstyd se denke. Isak [14-485]

vra vrae oor wie vir die uitgawes gaan betaal as swart mense die kerke oorneem, en

watter taal gesing [Isak 14-385] gaan word. Hy gee waarskynlik self deel van die

antwoord as hy sê dat swart mense nog steeds daai behoefte om op hulle

eie manier kerk te hou [Isak 14-496].

Dalk verwoord Isak [14-344] die mening van meer lidmate van die NG Kerk met hierdie

woorde: ...baie mense sien die kerk nog as my kerk. Daarbuite is

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!