25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p9

Ander skrywers stel dieselfde standpunt in ander woorde. Ganzevoort (2009:6) sluit

aan by Josuttis (1996) wat die bediening beskryf as “guidance in the hidden and

forbidden zone of the sacred” en dan sê hy: “The guide is not an omniscient narrator,

but a fellow traveller.” Gerkin (1997:113) gebruik die konsep van 'n “interpretive guide”

om die werk van die pastor te beskryf. Van die vier pastorale funksies naamlik “healing,

guiding, sustaining, and reconciling” (Gerkin 1997:114) meen hy dat 'n “substantially

altered” vorm van “guiding” die oorheersende rol gaan speel in die afsienbare toekoms.

Die rol van die pastor as gids sal al hoe meer fokus op ondersoek en dialoog tussen

die storie van die Christelike gemeenskap en die storie van die individu.

In die navorsingsverslag sal hierdie taak tuiskom en beskryf word onder die action

aspek van Müller, Van Deventer en Human (2001) se ABDCE-model. Hierdie eerste

hoofstuk word juis gewy aan die opmerking van Lamott (1995:62) waarby hulle

aansluit: “You begin with action that is compelling enough to draw us in, make us want

to know more.” In hierdie navorsing is daardie aksie die dramatiese verandering in

politieke bedeling na 1994 en die daaropvolgende onthullings voor die WVK.

3.2 Die interpreterende taak

Osmer (2008:4) beskryf die tweede taak as die “interpretive task.” Die bedoeling van

hierdie taak is om so goed as moontlik te probeer verstaan waarom 'n spesifieke

insident plaasgevind het of waarom 'n situasie of konteks ontstaan het en / of in stand

gehou word. Vir my korreleer dit met Ganzevoort (2009:6) se “studying in detail.” Die

fokus van sy detail-studie is die bewyse of oorblyfsels van die sakrale, terwyl Osmer

(2008:4) se fokus meer is op die effek wat hierdie sakrale (of die afwesigheid daarvan)

het in die lewe van mense. Hy beskryf sy interpreterende taak as “Drawing on theories

of the arts and sciences to better understand and explain why these patterns and

dynamics are occurring” (Osmer 2008:4).

Die interpreterende taak sluit aan by die ABDCE-model se tweede punt, naamlik

background. Lamott (1995:62) sê: “Background is where you let us see and know who

these people are, how they’ve come to be together, what was going on before the

opening of the story.” In hierdie verslag word die background gewy aan die ontstaan en

funksionering van apartheid en die agtergrond vanuit die pastorale teologie waarteen

die lewens van hierdie wit Afrikaners afspeel.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!