LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p232 Wanneer Kuperus (2011:7) verwys na die NG Kerk se rol in die nuwe Suid-Afrika, beskryf sy dit as “Inconsequential, but not absent.” Oor die stem van die NG Kerk gebruik sy woorde soos “muted,” “reluctant” en “more divided” (Kuperus 2011:9). Ten spyte van die NG Kerk se her-verbintenis tot die Afrika kontinent en ekumeniese betrekkinge met ander kerke, reken sy “it appears as though the NGK’s public engagement may be shifting back to a position as ‘defender of its flock’” (Kuperus 2011:11). Hierdie posisie word ondersteun deur Cilliers (2011:elektroniese bron) as hy, met verwysing na die antropoloog Mary Douglas se sosiale kontekste, aantoon dat daar tekens is dat die NG Kerk weer besig is om ʼn nuwe enklawe van afsondering te skep. Vir Kuperus (2011:11) is die NG Kerk se sukkelpad in die hereniging met die VGK en die ander kerke van die NG Kerk-familie die grootste teken van hierdie terugtrek-aksie: “The NGK’s reluctance to pursue church unification is the most obvious sign of the NGK’s most recent shift, but other evidence exists...”. Hieroor vra Mike [10-308] die voor die handliggende vraag: “Hoekom is daar in ons kerk net blanke mense?” 4.5.3 Die NG Kerk en kerkhereniging Dat die belydenis van Belhar in die gedagtes van lidmate die kernkwessie oor kerkhereniging is, is duidelik: Die Gereformeerde kerke – NG Kerk – spook steeds met die Belhar belydenis en die kerkeenheid. Ek dink dit is jammer [Isak 16-390] en Soos wat die NG Kerk gekom het met baie goeters oor jare... hak hulle vas by die belydenis van Belhar [Frans 9-758]. Ons lees die Kerkbode en al wat ek daar sien en wat ek al so fed-up is, is die Belhar belydenis. Hulle mors die tyd om siele te wen met die Belhar beleid [Danie 13-328]. Die inhoud van die Belhar belydenis dra vir verskillende mense verskillende gewig. Danie [13-562] distansieer homself geheel en al van die belydenis: Hulle moet dit los, dit is ʼn afgeforseer belydenis wat vir my niks beteken nie terwyl dit vir Linda [13-571] bloot mensewerk is – asof die ander belydenisskrifte nie ook mensewerk is nie: Dit is ʼn belydenis wat deur mense geskryf is en ons bely ʼn lewende God. Verstaan jy? En dit is die punt. Ons wil

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p233 mekaar tevrede stel en dan kry ons dit nie reg nie. Isak [14-330] beskou Belhar as ʼn sweep om NGK mee te slaan wat besig is om ʼn wig in te druk wat onnodig is [Isak 14-318]. Teenoor hierdie afwysende houdings vra Hanlie [12-691] reguit: wat is daar in Belhar om nie te aanvaar nie? Laat in 2011 het die Fakulteit Teologie aan die Vrystaatse Universiteit ʼn bespreking oor die belang van Belhar en Kerk en Samelewing aangebied. Dirkie Smit, jarelange dosent in dogmatiek aan die Universiteite van Wes-Kaapland en Stellenbosch en direk betrokke by die opstel van die belydenis, het tydens hierdie byeenkoms gereageer op die Algemene Sinode van die NG Kerk se oproep dat Belhar deel van die Kerk se belydenisgrondslag gemaak moet word. Hy het gesê: “Die belydenis van Belhar is soos alle belydenisskrifte nie net ’n dokument wat aanvaar moet word nie, maar met sy teologiese inhoud omarm moet word en in die kerk doelgerig uitgeleef moet word” (aangehaal in Van der Merwe 2011:elektroniese bron). Die boodskap was duidelik dat dit nie maar net gaan oor woorde nie, maar dat die inhoud van Belhar deel van die NG Kerk se leefwyse moet word. Na die Algemene Sinode se besluit om die Kerk te vra om Belhar deel van die Kerk se belydenisgrondslag te maak, skryf Dawie (2011:elektroniese bron) in ʼn artikel in Die Burger die volgende: “Die aanvaarding... is ’n reusestap wat dié kerk gegee het onderweg terug na wat hy, ooreenkomstig sy bestaansrede, moet wees: ’n getuie van Christus op aarde.” Hy skryf dat dit vir die NG Kerk, nes vir ander kerke elders in die wêreld, ʼn groot versoeking was om Bybelse regverdiging vir politieke en sosiaalekonomiese ontwikkelings te soek. Met die koersverandering sal die NG Kerk “ekstra moeite” moet doen met “minderheid [wat] nie beïndruk is deur die rigting wat die kerk inslaan nie.” Hy sluit sy rubriek af met ʼn oproep op hierdie minderheid: Dié minderheid kan egter gerus die moeite doen om die Belydenis goed te bestudeer. Dit belig weliswaar ’n aspek van menswees – maatskaplike geregtigheid – wat tevore in Suid-Afrika teologies verwaarloos is, maar dit wyk nie intrinsiek af van die reformatoriese teologie nie; inteendeel.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p233

mekaar tevrede stel en dan kry ons dit nie reg nie. Isak [14-330]

beskou Belhar as ʼn sweep om NGK mee te slaan wat besig is om ʼn wig in te

druk wat onnodig is [Isak 14-318]. Teenoor hierdie afwysende houdings vra

Hanlie [12-691] reguit: wat is daar in Belhar om nie te aanvaar nie?

Laat in 2011 het die Fakulteit Teologie aan die Vrystaatse Universiteit ʼn bespreking oor

die belang van Belhar en Kerk en Samelewing aangebied. Dirkie Smit, jarelange

dosent in dogmatiek aan die Universiteite van Wes-Kaapland en Stellenbosch en direk

betrokke by die opstel van die belydenis, het tydens hierdie byeenkoms gereageer op

die Algemene Sinode van die NG Kerk se oproep dat Belhar deel van die Kerk se

belydenisgrondslag gemaak moet word. Hy het gesê: “Die belydenis van Belhar is soos

alle belydenisskrifte nie net ’n dokument wat aanvaar moet word nie, maar met sy

teologiese inhoud omarm moet word en in die kerk doelgerig uitgeleef moet word”

(aangehaal in Van der Merwe 2011:elektroniese bron). Die boodskap was duidelik dat

dit nie maar net gaan oor woorde nie, maar dat die inhoud van Belhar deel van die NG

Kerk se leefwyse moet word.

Na die Algemene Sinode se besluit om die Kerk te vra om Belhar deel van die Kerk se

belydenisgrondslag te maak, skryf Dawie (2011:elektroniese bron) in ʼn artikel in Die

Burger die volgende: “Die aanvaarding... is ’n reusestap wat dié kerk gegee het

onderweg terug na wat hy, ooreenkomstig sy bestaansrede, moet wees: ’n getuie van

Christus op aarde.” Hy skryf dat dit vir die NG Kerk, nes vir ander kerke elders in die

wêreld, ʼn groot versoeking was om Bybelse regverdiging vir politieke en sosiaalekonomiese

ontwikkelings te soek. Met die koersverandering sal die NG Kerk “ekstra

moeite” moet doen met “minderheid [wat] nie beïndruk is deur die rigting wat die kerk

inslaan nie.” Hy sluit sy rubriek af met ʼn oproep op hierdie minderheid:

Dié minderheid kan egter gerus die moeite doen om die Belydenis

goed te bestudeer. Dit belig weliswaar ’n aspek van menswees –

maatskaplike geregtigheid – wat tevore in Suid-Afrika teologies

verwaarloos is, maar dit wyk nie intrinsiek af van die reformatoriese

teologie nie; inteendeel.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!