25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p231

Oor die rol van die NG Kerk, destyds en nou, was daar by die mede-navorsers

oorwegend ʼn negatiewe houding. Selfs diegene wat positief was oor die NG Kerk, het

hulle bedenkinge uitgespreek.

4.5.2 Die NG Kerk in post-apartheid Suid-Afrika

Ná die verskyning van Kerk en Samelewing het die NG Kerk die morele verpligting

(Botman & Petersen 1996:124) gehad om sy lidmate op te roep om te bely. Die medenavorsers

was egter van mening dat dit nie juis gebeur het nie. Danie [13-339] se

mening is Ek dink die kerk speel geen rol nie en later ek sien niks

nie [Danie 13-367]. Isak [14-360] is van mening die kerk het op ʼn manier ʼn

groot geleentheid laat verbygaan dalk om regtigwaar ʼn verskil te

kan maak.

George praat oor die NG Kerk se gebrek aan leiding aan lidmate oor hoe om in die

nuwe situasie in Suid-Afrika te leef. Hy het nie ʼn probleem met die NG Kerk se

amptelike skuldbelydenis en onderneming om positief deel van die toekoms te wees

nie, maar soos hy sê:

die aksie om daai versoening te bewerkstellig is nie

daar nie. Ek meen soos jy tereg sê as ek nou die

regte woord daarvoor het, die beleid wat die kerk

daaroor wil het, dit is daar. Die sinode het

besluit, die sinode het kommissies en dies meer, so

dit is in plek, maar die praktiese deur na my vlak

toe dit gebeur nie, daar is nie voldoende leiding in

die verband nie [George 15-471]

Johan [17-190] is dit eens dat die beleid nog nie op grondvlak uitgekom het nie en

daarby het hy ook ernstige bedenkinge oor sommige van die NG Kerk se leiers: Kerk

se rol in versoening: Nie veel het gebeur, behalwe lippetaal,

tensy dit op individuele gemeentevlak gebeur het nie. Daar sal

ook nie veel gebeur as ons woordspelers soos X [naam van ʼn

prominente kerkleier verwyder ter wille van sensitiwiteit] in

leiersposisies het nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!