25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p230

Oor hierdie onwilligheid en terughoudendheid om oor apartheid te bely, skryf kerkleiers

(Du Toit, Hofmeyr, Strauss & Van der Merwe 2002:109):

Dit was duidelik dat baie lidmate van die NG Kerk nog nie by die punt

gekom het waar hulle hulle van apartheid kon losmaak nie. Die rede is

waarskynlik die feit dat apartheid hulle in ʼn bevoorregte posisie geplaas

het en dat hulle nooit werklik met die seer kant van die beleid van die

regering te doen gekry het nie. Die skuldbelydenis oor apartheid wat by

Rustenburg gedoen is, was daarom vir baie lidmate van die kerk ʼn

steen des aanstoots.

Die skuldbelydenis van die kerkleiding in Kerk en Samelewing was goed en nodig,

maar die NG Kerk se houding teenoor, en die voorlegging aan die WVK het nie

bygedra om lidmate te oortuig nie. Die NG Kerk se aanvanklike weiering om voor die

WVK te verskyn (Ned Geref Kerk 1986:316) en sy latere instemming, het onsekerheid

gelaat in die harte van lidmate. Wanneer ds. Freek Swanepoel (1999:elektroniese bron)

dan wel namens die Algemene Sinodale Kommissie ʼn voorlegging maak sonder dat die

ASK die getuienis vooraf goedgekeur het, “het dít vir die kerk die agterdeur oopgelaat

indien sake verkeerd sou loop” (Du Toit et al 2002:123). Terwyl sommige reken dat die

NG Kerk “korrek” opgetree het met sy voorlegging, is Piet Naudé van mening: "...NG

Kerk het 'n goeie kans verspeel om die erns van sy skuldbelydenis te toon" (Beeld

1998b:2). Hierdie mening word deur Kuperus (2011:10) gedeel as sy skryf oor die NG

Kerk se huiwering ten opsigte van die WVK: “Thus the church missed an important

chance to participate in the reconciliation experiment.”

Enkele dae later prys dieselfde koerant weer die NG Kerk, maar rig terselfdertyd ʼn

waarskuwing: "Met hierdie besluit neem die NG Kerk finaal afskeid van apartheid. Hy

sal egter in sy optrede moet sorg dat alle oorblyfsels daarvan in die praktyk verdwyn en

dat dit tot op gemeentevlak nie herleef nie" (Beeld 1998c:14).

Hoeveel van die NG Kerk se gesindheid deurgewerk het tot op gemeentevlak is

debatteerbaar. Vir Mike [10-137] is dit baie eenvoudig: Ons het gesê sorry, nou

worry ons nie verder daaroor nie en gaan aan. In sy verdere

verduideliking van sy standpunt is hy terug by sy eie beperkte verstaan van apartheid:

Om die gemeenskap te kry om te sê luister ons is jammer vir wat

ons gedoen het... die breë gemeenskap gaan sê maar ek het hulle

nooit skade aangedoen nie [Mike 10-341].

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!