25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p229

president De Klerk se 2 Februarie 1990 toespraak waarin die ANC ontban en Mandela

vrygelaat is.

Dit was noodsaaklik dat die NG Kerk moes sê dat apartheid – soos die Wêreldbond

van Gereformeerde Kerke dit definieer as “the forced separation of people of differing

races denying the fundamental biblical teaching that all humanity is equally created in

the image of God” (Ned Geref Kerk 1998:7) – sonde was. “Die Bybelse legitimiteit wat

die NG Kerk aan wittes verleen het om die beeld van God in swartes te minag en hulle

menswaardigheid in die naam van hulle God te ontneem...” (Smith 2010a:43), moes

weggeneem en omgekeer word. Hierin moes die NG Kerk ook vir die lidmate ʼn

voorbeeld stel. Ek dink destyds was dit ʼn goeie ding [Isak 14-306] al was

daar waarskynlik baie lidmate wat nie saamgestem het nie [Isak 14-313].

Daar was beslis lidmate wat nie saamgestem het nie. Die dokument Geloof en Protes

(Voortsettingskomitee 1987) is ʼn sprekende voorbeeld hiervan. Juis hieroor maak

Jonker (1994:179) hierdie belangrike waarneming. Hy sê dat die argumente wat Geloof

en Protes aanvoer, dieselfde argumente is wat die NG Kerk oor jare aangevoer het om

apartheid te regverdig. Wanneer die NG Kerk dan Geloof en Protes afwys, is hy besig

om sy eie sagte vleis te sny...

deurgaans bewus van self ook skuld te hê aan die verkeerde

teologiese posisies wat in Geloof en Protes verdedig word. Maar juis

daarom kan die Ned Geref Kerk dit met soveel meer oortuiging doen,

omdat daar tussen die eertydse standpunte en die huidige ’n stuk

teologiese bekering lê wat nie weer ongedaan gemaak kan word nie.

Of hierdie teologies bekering ook by lidmate plaasgevind het, is ʼn ope vraag. Twee jaar

na die politieke oorgang skryf Botman en Petersen (1996:121): “We know that many

white people still cannot understand that apartheid was wrong and harmful – not to

mention sinful.” Vroeër in hierdie navorsingsverslag is daar reeds gewys op die

ambivalente reaksies van die mede-navorsers, in 1998 én in 2012 oor hierdie saak.

Van ʼn diepgaande teologiese evaluering van apartheid was daar nie sprake nie, om

van Smit (2005:360) se woorde “that the heart of the Reformed faith and tradition itself

was at stake in the struggle against apartheid and the ideology undergirding apartheid”

nie eers te praat nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!