LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p226 wees wat versoening definieer nie en wil voorskryf wat reggestel moet word nie. Daar sal na die slagoffers van apartheid geluister moet word: “Overall, 46% of South Africans agree that reconciliation is ‘impossible’ while people who were disadvantaged under apartheid continue to be poor. A further 33% were uncertain or did not know, while only 17% feel reconcilition is possible under these circumstances” (Lefko-Everett, Nyoka & Tiscornia 2011:31). Die vraag wat egter gevra moet word, is of die Kerk vir sy lidmate hierin ʼn voorbeeld stel? Loop die Kerk voor in belangrike sake, soos skulderkenning en belydenis en versoening, en indien wel, volg die lidmate die Kerk hierin? 4.5 Die Kerk Ek het ʼn pleitbesorger daarvoor geword dat die Ned Geref Kerk sy skuld aan die apartheidsbestel onomwonde moet bely en ook die forum van die Waarheids-en-Versoeningskommissie daarvoor moes benut. Ek het meer as een van my rubrieke (“Kerk en Media”) in Die Kerkbode gebruik om hierdie standpunt te stel. Toe die Algemene Sinodale Kommissie nie so ʼn besluit wou neem nie, was ek diep teleurgesteld en het ek besluit om die Ope Brief wat onder predikante gesirkuleer het, te teken. Daarmee het ek uiting gegee aan my diepgevoelde behoefte om my skuld aan die apartheidsideologie te bely (Müller 2000a:23). Na die dood van die diktator Idi Amin in Uganda, het kerkleiers in die buurstaat, Kenia, die volgende verklaring opgestel: “Ons bely dat ons te dikwels stilgebly het toe ons eerder met die lydende en vervolgde mense op die kontinent van Afrika en spesifiek in Uganda moet vereenselwig het. Al wat nodig is om boosheid te laat floreer, is dat goeie mense moet stilbly” (aangehaal in Van Rensburg 2009:61). Dit is ook die woorde van Kerk en Samelewing 1990: “Die Ned Geref Kerk erken egter dat hy te lank die beleid van apartheid op grond van bogenoemde oorwegings te abstrak en teoreties, en daarom ook te onkrities beoordeel het” (Ned Geref Kerk 1990:39). Piet Meiring vertel van ʼn besoek van die Rwandese ministers in Januarie 1997 om uit te vind oor die WVK. In Rwanda, na die slagting in 1994, “was alles aan skerwe. Geraamtes het oor die vlaktes gelê.” Volgens alle bronne is dit ʼn besonder Christelike land, met 85% van die bevolking wat aan ʼn kerk behoort. Teen hierdie agtergrond vra Meiring dan vir die minister van justisie: “Watter rol het die kerke gespeel terwyl dit alles
Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p227 gebeur het... Het die kerke ʼn bydrae tot versoening gelewer?” (Meiring 2010:14). “‘Die kerke?’ het die minister uitgebars. ‘Hulle het géén rol gespeel nie. Nee, dis erger: Die Christene was deel van die probleem. Van die predikante en priesters en nonne, die gemeentelede, was net so skuldig as al die ander.’” In Suid-Afrika is na die NG Kerk verwys as die NP in gebed. Sommige van die mees prominente politici, soos die leier van die Konserwatiewe Party dr. Andries Treurnicht, was ʼn voormalige leraar van die NG Kerk. Die NG Kerk het amptelik die beleid van apartheid gesteun en selfs teologies regverdig. Eerwaarde Frank Chikane (Goodman 1999:26) vertel selfs dat een van die polisielede wat hom gemartel het, ʼn diaken in een van die wit buurgemeentes was. Dit waarvan die kerke in Rwanda beskuldig word, is klaarblyklik net so waar van kerke in Suid-Afrika. Die verhaal van Rwanda eindig egter nie soos hierbo vertel is nie: “Met aandete was Minister Ntesilyao al afgekoel. Terwyl ons op die kelner gewag het, het hy met ʼn skewe glimlaggie na my gedraai. ‘Dis mos jy wat die vraag oor die kerke gestel het. Ek het vir jou ook een. Suid- Afrika, so hoor ek, is ook een van die mees Christelike lande op aarde. Daar is miljoene gelowiges in die land. Oraloor sien ons kerke staan. Sê my tog, met al die dinge wat in julle verlede gebeur het, al die onreg en die pyn, het die Christene enige rol gespeel? Het die kerke die mense se nood ernstig opgeneem, hulle gehelp om versoen te raak? Meer nog, met die probleme wat julle vandag in die gesig staar – maak dit ʼn verskil dat daar Christene in die land is?’” (Meiring 2010:14). Dit is inderdaad die vraag wat elke Christen in Suid-Afrika moet antwoord: Maak dit ʼn verskil in post-apartheid Suid-Afrika dat die oorweldigende meerderheid van die land Christene is? Meer relevant vir hierdie navorsing is die vraag na die rol wat wit Afrikaanse Christene speel: Is hierdie groep deel van die versoening, of nie? In die Algemene Sinode se roepingsverklarings van 2007 en 2011 word die belang van versoening beklemtoon (Ned Geref Kerk 2011b:elektroniese bron). Ongelukkig opereer die NG Kerk met bepaalde bagasie wat sy invloed op lidmate aansienlike inkort.
- Page 191 and 192: HOOFSTUK 4 DIE VERHAAL OOR APARTHEI
- Page 193 and 194: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 195 and 196: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 197 and 198: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 199 and 200: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 201 and 202: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 203 and 204: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 205 and 206: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 207 and 208: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 209 and 210: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 211 and 212: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 213 and 214: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 215 and 216: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 217 and 218: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 219 and 220: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 221 and 222: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 223 and 224: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 225 and 226: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 227 and 228: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 229 and 230: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 231 and 232: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 233 and 234: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 235 and 236: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 237 and 238: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 239 and 240: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 241: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 245 and 246: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 247 and 248: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 249 and 250: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 251 and 252: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 253 and 254: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 255 and 256: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 257 and 258: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 259 and 260: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 261 and 262: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 263 and 264: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 265 and 266: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 267 and 268: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 269 and 270: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 271 and 272: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 273 and 274: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 275 and 276: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 277 and 278: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 279 and 280: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 281 and 282: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 283 and 284: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 285 and 286: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 287 and 288: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 289 and 290: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 291 and 292: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p227

gebeur het... Het die kerke ʼn bydrae tot versoening gelewer?” (Meiring 2010:14).

“‘Die kerke?’ het die minister uitgebars. ‘Hulle het géén rol gespeel nie. Nee, dis erger:

Die Christene was deel van die probleem. Van die predikante en priesters en nonne,

die gemeentelede, was net so skuldig as al die ander.’”

In Suid-Afrika is na die NG Kerk verwys as die NP in gebed. Sommige van die mees

prominente politici, soos die leier van die Konserwatiewe Party dr. Andries Treurnicht,

was ʼn voormalige leraar van die NG Kerk. Die NG Kerk het amptelik die beleid van

apartheid gesteun en selfs teologies regverdig. Eerwaarde Frank Chikane (Goodman

1999:26) vertel selfs dat een van die polisielede wat hom gemartel het, ʼn diaken in een

van die wit buurgemeentes was. Dit waarvan die kerke in Rwanda beskuldig word, is

klaarblyklik net so waar van kerke in Suid-Afrika.

Die verhaal van Rwanda eindig egter nie soos hierbo vertel is nie: “Met

aandete was Minister Ntesilyao al afgekoel. Terwyl ons op die kelner

gewag het, het hy met ʼn skewe glimlaggie na my gedraai. ‘Dis mos jy

wat die vraag oor die kerke gestel het. Ek het vir jou ook een. Suid-

Afrika, so hoor ek, is ook een van die mees Christelike lande op aarde.

Daar is miljoene gelowiges in die land. Oraloor sien ons kerke staan. Sê

my tog, met al die dinge wat in julle verlede gebeur het, al die onreg en

die pyn, het die Christene enige rol gespeel? Het die kerke die mense

se nood ernstig opgeneem, hulle gehelp om versoen te raak? Meer nog,

met die probleme wat julle vandag in die gesig staar – maak dit ʼn verskil

dat daar Christene in die land is?’” (Meiring 2010:14).

Dit is inderdaad die vraag wat elke Christen in Suid-Afrika moet antwoord: Maak dit ʼn

verskil in post-apartheid Suid-Afrika dat die oorweldigende meerderheid van die land

Christene is? Meer relevant vir hierdie navorsing is die vraag na die rol wat wit

Afrikaanse Christene speel: Is hierdie groep deel van die versoening, of nie? In die

Algemene Sinode se roepingsverklarings van 2007 en 2011 word die belang van

versoening beklemtoon (Ned Geref Kerk 2011b:elektroniese bron). Ongelukkig opereer

die NG Kerk met bepaalde bagasie wat sy invloed op lidmate aansienlike inkort.