25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p220

Ek as persoon is moreel skuldig. Dit is nie altemit

nie. Maar ek het op ʼn punt in my lewe gekom waar ek

dit voor God bely het en gesê het dit is sonde

gewees en ek erken dit. Vir my aandeel. Al was dit

dan nou net ʼn indirekte of morele aanspreeklikheid

wat ek gehad het, ek het daarvoor vergifnis gevra.

Isak [5-294] sluit by hierdie posisie aan as hy ook sy vrae oor skuldbelydenis verwoord:

Moet ek teenoor God bely ek het skuld? Teen wie?

Waar moet ek gaan staan om te bely? Teenoor wie moet

ek dit nog erken en bely om my deel skoon te kry?

Moes ons almal gaan toustaan by die WVK? Vir my is

dit, ek moet aanvaar ek was deel daarvan, ek het ’n

deel gehad daaraan. Al was dan nou net omdat ek

aanhou stem het vir die Nasionale Party. Maar vandat

daai oorgang gekom het, lewe jy mos vorentoe. Ek

weet nie, hoe gaan ons van die skuld ontslae raak,

op watter manier gaan jy kan sê maar nou is dit

verby? As gelowige gaan jy en jy bely jou skuld voor

God en jy word vergewe.

In die opvolgnavorsing is dit net in die gesprek met Danie en Linda dat belydenis voor

God aan die orde kom. Ek sê nou 2000 jaar terug het die Here vir my

gesterf aan die kruis en wat ek gedoen... en wat ek gekry het,

dit is vergifnis. En as jy vergifnis gekry het, dan het jy mos

nou vergifnis [Linda 13-506].

Ek verwoord my twyfel oor hierdie proses aan hulle: En dit is my

vraag of wit mense oor die algemeen wel op daai punt

gekom het dat hulle iewers gesê het en dalk by die

Here gaan skuld bely het en gesê het maar op ʼn manier

het ek dalk deel gehad in ʼn sisteem wat mense

benadeel het en so aan en dan nou die vergifnis

waarvan jy nou praat vir hulle self toegeëien het. En

of hulle bloot net sê maar ons praat nie daaroor nie,

of ons... [Albert 13-520]. Behalwe vir die twee mede-navorsers

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!