LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p216 skryf hy in sy geskrewe bydrae: Maar ek glo die tyd het aangebreek dat ons, blankes en swartes, apartheid en die negatiewe daarvan agter ons sit en saamwerk na die “Better life for all” gebaseer op die beginsels van ons veel gerespekteerde Grondwet. En seker maak dat die foute van die verlede nie herhaal word, en dat ons omgekeerde apartheid en diskriminasie toepas nie [Isak 16-151]. Isak [16-318] onderstreep hierdie standpunt van hom as hy dit later herhaal: Ek dink die tyd van belydenis en boetedoening is verby. Dit is nou tyd om aan te beweeg en die regte dinge te doen, hetsy ek as individu, die politici, die regering, die kerk. 4.4.3 Erkenning Wanneer dit kom by die belydenis van skuld ten opsigte van apartheid is die vraag altyd wat en teenoor wie moet ek skuld bely? [Isak 16-286]. Massie (1993:24) druk sy vinger op die probleemarea as hy sê: “For forgiveness and reconciliation to be durable, there must be genuine acknowledgement of the pain which one person's actions have caused another, in other words, a form of repentance.” Soos reeds aangetoon hierbo is hierdie “genuine acknowledgement of the pain” nie algemeen onder die mede-navorsers nie en daarom is die behoefte aan ʼn skulderkenning ook nie algemeen nie. Hierbo is reeds aandag gegee aan Johan, Karin en George se ontkenning, asook aan Isak se meer genuanseerde standpunt. Hierdie vier se posisies tydens die opvolgnavorsing stem grootliks ooreen met hulle aanvanklike posisies veertien jaar vantevore. Danie handhaaf steeds die posisie wat hy tydens die aanvanklike navorsing ingeneem het. Hy verplaas alles skuld op die Engelse wat volgens hom apartheid begin het, of dan enigeen anders wat in die verlede aandadig was in die wetgewing rondom apartheid.
Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p217 Danie is in 1998 uitgesproke daaroor dat ras nie vir hom en Linda ʼn probleem is nie. Hy noem byvoorbeeld dat hulle hul swart tuinwerker saam met hulle aan tafel ontbyt laat eet [Danie 1-673]. Oor sy werksituasie sê hy: My hoof is 'n regstellende man, en hierdie swart dames en mans, ons kom uitstekend oor die weg [Danie 4-070]. Later beklemtoon hy sy nie-rassige uitkyk op die lewe: Ek dink ons sit met mense, ons moet ophou om in kleur vas te kyk. Dit is vir my belangrik [Danie 4-074]. Wanneer hy egter in 2012 praat, is daar ʼn ander kwaliteit in sy verhoudinge met swart mense. Hy praat steeds van my swart kollegas wat jy uitstekend mee saam werk [Danie 13-043], maar hy sê ook reguit: Ek dink mense wat nie rassisties was nie, het rassisties geword [Danie 13-018]. Dit skryf hy toe aan die omgekeerde diskriminasie wat nou baie sleg is. Ek ervaar dit in my werksituasie omdat ek baie met die vakbonde ook te doen kry. Die vakbonde wil niks... hulle gun vir die blanke niks nie. Dit regtig baie erg hoor [Danie 13-022]. Hy staan steeds daarop dat jy die man wat in die tuin werk ʼn billike loon moet betaal en hom menswaardig begin behandel, as ʼn gelyke [Danie 13-309], maar wanneer Linda [13-204] praat oor swart kinders wat sonder pa’s grootword, dan maak hy die onthullende opmerking: Dit skryf hulle ook aan apartheid toe. Ook hier ontbreek die insig in die langtermyneffek wat apartheid op swart mense gehad het, en daarom is hy onwillig om persoonlike skuld daarvoor te aanvaar. Sommige mede-navorsers het alreeds vanaf die eerste gesprekke raakgesien dat wit mense swart mense in die ou bedeling erg benadeel het. Hieroor het hulle standpunte nie wesentlik verander nie. Hanlie [5-326] sê byvoorbeeld in die aanvanklike navorsing: Ek voel skuldig oor die dinge wat ek nie gedoen het nie en vroeër is reeds daarop gewys dat sy steeds dink dit is tragies [Hanlie 12-699] dat wit mense nie skuld wil bely oor apartheid nie. Ook Elsa [5-353] deel in hierdie standpunt: By my is daar geen twyfel dat elkeen van ons skuld het nie. Of ons nou iets probeer doen het of nie. Ons is almal op 'n manier skuldig. Naomi se erkenning van skuld in 1998 het gekom nadat ons in een van die gesprekke gepraat het oor Jaspers 35 se kategorieë van skuld. Sy sê: Persoonlik voel ek ek 35 In sy boek Die Schuldfrage gebruik Jaspers (1946) vier kategorieë van skuld: Kriminele skuld (die
- Page 181 and 182: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 183 and 184: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 185 and 186: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 187 and 188: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 189 and 190: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 191 and 192: HOOFSTUK 4 DIE VERHAAL OOR APARTHEI
- Page 193 and 194: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 195 and 196: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 197 and 198: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 199 and 200: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 201 and 202: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 203 and 204: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 205 and 206: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 207 and 208: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 209 and 210: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 211 and 212: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 213 and 214: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 215 and 216: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 217 and 218: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 219 and 220: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 221 and 222: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 223 and 224: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 225 and 226: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 227 and 228: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 229 and 230: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 231: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 235 and 236: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 237 and 238: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 239 and 240: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 241 and 242: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 243 and 244: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 245 and 246: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 247 and 248: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 249 and 250: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 251 and 252: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 253 and 254: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 255 and 256: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 257 and 258: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 259 and 260: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 261 and 262: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 263 and 264: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 265 and 266: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 267 and 268: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 269 and 270: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 271 and 272: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 273 and 274: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 275 and 276: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 277 and 278: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 279 and 280: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 281 and 282: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p217

Danie is in 1998 uitgesproke daaroor dat ras nie vir hom en Linda ʼn probleem is nie. Hy

noem byvoorbeeld dat hulle hul swart tuinwerker saam met hulle aan tafel ontbyt laat

eet [Danie 1-673]. Oor sy werksituasie sê hy: My hoof is 'n regstellende

man, en hierdie swart dames en mans, ons kom uitstekend oor die

weg [Danie 4-070]. Later beklemtoon hy sy nie-rassige uitkyk op die lewe: Ek dink

ons sit met mense, ons moet ophou om in kleur vas te kyk. Dit is

vir my belangrik [Danie 4-074].

Wanneer hy egter in 2012 praat, is daar ʼn ander kwaliteit in sy verhoudinge met swart

mense. Hy praat steeds van my swart kollegas wat jy uitstekend mee

saam werk [Danie 13-043], maar hy sê ook reguit: Ek dink mense wat nie

rassisties was nie, het rassisties geword [Danie 13-018]. Dit skryf hy toe

aan die omgekeerde diskriminasie wat nou baie sleg is. Ek ervaar

dit in my werksituasie omdat ek baie met die vakbonde ook te

doen kry. Die vakbonde wil niks... hulle gun vir die blanke niks

nie. Dit regtig baie erg hoor [Danie 13-022].

Hy staan steeds daarop dat jy die man wat in die tuin werk ʼn billike loon moet

betaal en hom menswaardig begin behandel, as ʼn gelyke [Danie 13-309],

maar wanneer Linda [13-204] praat oor swart kinders wat sonder pa’s grootword, dan

maak hy die onthullende opmerking: Dit skryf hulle ook aan apartheid

toe. Ook hier ontbreek die insig in die langtermyneffek wat apartheid op swart mense

gehad het, en daarom is hy onwillig om persoonlike skuld daarvoor te aanvaar.

Sommige mede-navorsers het alreeds vanaf die eerste gesprekke raakgesien dat wit

mense swart mense in die ou bedeling erg benadeel het. Hieroor het hulle standpunte

nie wesentlik verander nie. Hanlie [5-326] sê byvoorbeeld in die aanvanklike navorsing:

Ek voel skuldig oor die dinge wat ek nie gedoen het nie en vroeër

is reeds daarop gewys dat sy steeds dink dit is tragies [Hanlie 12-699] dat wit mense

nie skuld wil bely oor apartheid nie. Ook Elsa [5-353] deel in hierdie standpunt: By my

is daar geen twyfel dat elkeen van ons skuld het nie. Of ons nou

iets probeer doen het of nie. Ons is almal op 'n manier skuldig.

Naomi se erkenning van skuld in 1998 het gekom nadat ons in een van die gesprekke

gepraat het oor Jaspers 35 se kategorieë van skuld. Sy sê: Persoonlik voel ek ek

35 In sy boek Die Schuldfrage gebruik Jaspers (1946) vier kategorieë van skuld: Kriminele skuld (die