25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p216

skryf hy in sy geskrewe bydrae:

Maar ek glo die tyd het aangebreek dat ons, blankes

en swartes, apartheid en die negatiewe daarvan agter

ons sit en saamwerk na die “Better life for all”

gebaseer op die beginsels van ons veel

gerespekteerde Grondwet. En seker maak dat die foute

van die verlede nie herhaal word, en dat ons

omgekeerde apartheid en diskriminasie toepas nie [Isak

16-151].

Isak [16-318] onderstreep hierdie standpunt van hom as hy dit later herhaal: Ek dink

die tyd van belydenis en boetedoening is verby. Dit is nou tyd

om aan te beweeg en die regte dinge te doen, hetsy ek as

individu, die politici, die regering, die kerk.

4.4.3 Erkenning

Wanneer dit kom by die belydenis van skuld ten opsigte van apartheid is die vraag

altyd wat en teenoor wie moet ek skuld bely? [Isak 16-286]. Massie (1993:24)

druk sy vinger op die probleemarea as hy sê: “For forgiveness and reconciliation to be

durable, there must be genuine acknowledgement of the pain which one person's

actions have caused another, in other words, a form of repentance.” Soos reeds

aangetoon hierbo is hierdie “genuine acknowledgement of the pain” nie algemeen

onder die mede-navorsers nie en daarom is die behoefte aan ʼn skulderkenning ook nie

algemeen nie.

Hierbo is reeds aandag gegee aan Johan, Karin en George se ontkenning, asook aan

Isak se meer genuanseerde standpunt. Hierdie vier se posisies tydens die

opvolgnavorsing stem grootliks ooreen met hulle aanvanklike posisies veertien jaar

vantevore.

Danie handhaaf steeds die posisie wat hy tydens die aanvanklike navorsing ingeneem

het. Hy verplaas alles skuld op die Engelse wat volgens hom apartheid begin het, of

dan enigeen anders wat in die verlede aandadig was in die wetgewing rondom

apartheid.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!