25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p214

liewers van afsonderlike ontwikkeling). Ek sal nooit

erken en daarom nooit bely dat afsonderlike

ontwikkeling ʼn sonde was nie en daarom het ek nie

skuld nie [Johan 17-112].

Vanuit hierdie standpunt antwoord Johan [17-123] die vraag oor vergifnis so:

Vergifnis van wie? As dit van die Here is ja, as ek

bereid is om my skuld te bely soos ons geleer word.

As dit teenoor ʼn persoon is vir iets wat ek hom

aangedoen het, ja. Ek kan hom egter nie verplig om

my te vergewe nie. Maar daar kan nie verwag word dat

ek moet vergifnis vra vir wat bv. Dr Verwoerd gedoen

het nie. Ek kan hoogstens erken dat dit ʼn fout was

net soos wat ʼn Duitser kan erken dat Hitler verkeerd

was. Hy kan tog nie daarvoor skuldig staan nie. Net

soos Tshabalala wat saam met my werk nie

verantwoordelik gehou kan word omdat Shaka ʼn

moordenaar was nie. Te veel skuldgevoelens is by ons

mens gefabriseer en geskep. Dit moet ophou.

Johan se vrou Karin sluit aan by sy argumente in haar eie skriftelike bydrae. Vir haar is

dit belangrik dat wat gebeur het in die verlede in die verlede moet bly. Hoeveel keer

en deur wie moet daar almal boetedoening wees? Wanneer stop dit,

sodat daar aan die toekoms gebou kan word? [Karin 18-231]. Vir haar sou

dit goed wees as die foute vir goed weggesteek kan word: Voorts kan ek net sê

dis jammer alles wat sleg en lelik was gedurende die

apartheidjare word aan die groot klok gehang [Karin 18-248]. Soos so

dikwels gebeur is die volgende argument dan dat daar nie net slegte dinge tydens

apartheid gebeur het nie: Wat van baie sulke positiewe voorvalle

waarvan daar nooit gehoor word nie. Geen wonder daar is sulke

verwronge idees van “die Boere/die Witmense” nie [Karin 18-256].

Wanneer sy dan moet antwoord op die vraag of dit reg was dat die NG Kerk apartheid

as sonde moes bely, is haar antwoord ook baie gekwalifiseerd: Ja, die

onderdrukking en ander vergrype wat gepaard gegaan het met

apartheid was sonde. Te midde van apartheid was daar ook

positiewe gebeurtenisse [Karin 18-278]. Dit is blykbaar onmoontlik om ʼn

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!