25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p7

die lewe van Jesus Christus van Nasaret en aan ons bevestig deur die werking van die

Heilige Gees.

Ganzevoort (2009:4) definieer godsdiens verder deur die tweede term in sy beskrywing

van praktiese teologie. Hy kies om te praat van 'n “lived” godsdiens. Dit sluit aan by die

drie tipes materiaal waarmee teologie volgens hom werk. Die eerste noem hy “text” en

daarmee bedoel hy die “textual sources of a religious tradition.” Hier probeer die

teologie die teks verstaan in verhouding tot ander tekste, in verhouding tot God self en

in terme van geleefde ervarings. Dit tweede tipe materiaal is die “idea” of “doctrinal

structures” wat probeer om te verwoord wat ons van God kan sê of nie kan sê nie. Die

derde tipe materiaal waarmee hy sê die teologie werk, is “praxis”, die handelinge of

betekenisse wat aan die werk is in die manier waarop gelowiges leef, onderling op

mekaar inwerk en met God omgaan.

Ganzevoort (2009:4) se derde sleutelterm in sy verstaan van praktiese teologie is

hermeneutiek. Benewens die feit dat dit dui op die reëls van interpretasie in die

algemeen, dui dit ook op die proses van menslike interpretasie, “thereby placing

existential themes at the centre of investigation.” Hier beweeg praktiese teologie nader

aan die sosiale wetenskappe. Vir die praktiese teologie beteken dit dat die lewe

geïnterpreteer word deur 'n eindelose reeks gesprekke waarin ons betekenis

konstrueer. As praktiese teologie hermeneuties kyk, dan is die doel om die geleefde

godsdiens te verstaan “from its own characteristics and in light of its own

understandings and intrinsic normativity” (Ganzevoort 2009:5). Die manier waarop hy

dit verstaan, noem hy “tracing the sacred.”

Ganzevoort (2009:5) onderskei vier betekenisse van die woord “tracing” wat elkeen 'n

ander aspek beklemtoon en wat hy elke keer met 'n ander woord beskryf. Hy begin met

'n antieke betekenis van “tracing”, naamlik “travelling” – om oor 'n sekere terrein te

beweeg. Die tweede betekenis is “following”, wat dui op die volg van 'n stel voetspore

van iemand of iets anders. Die derde betekenis is 'n meer metafories verstaan van die

woord in die sin om iets in detail te bestudeer. “Tracing” het dus daarmee te make om

kennis te rekonstrueer en te ontwikkel. Die laaste betekenis van “tracing” het volgens

hom te make met tekening of na-tekening in die sin van iets te skep of te modelleer na

aanleiding van 'n eksterne werklikheid. Hiervoor gebruik hy die beskrywende woord

“sketching.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!