25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p213

for the future of our country" (Hawthorne 2001:elektroniese bron).

Die veldtog het nie op veel uitgeloop nie. Alhoewel ongeveer vyf honderd wit ANCondersteuners

dit geteken het, is dit uit verskillende oorde gekritiseer. Marthinus van

Schalkwyk, voormalige hoofleier van die (Nuwe) NP sê die veldtog “engineers

collective white guilt as a form of permanent psychological enslavement” (Manyapelo

2001:elektroniese bron). Een slotsom waartoe gekom kan word, is dat wit mense nie

juis skuldig voel oor hulle aandeel aan apartheid en die voordele wat hulle as lede van

die wit gemeenskap in Suid-Afrika geniet het en steeds geniet, nie.

4.4.2 Ontkenning

Nie alleen is daar ʼn onbegrip oor die effek van apartheid nie, maar daar is ook ʼn

blatante ontkenning dat wit mense enige rede het om skuldig te wees oor enige aspek

van apartheid. Die mees onlangse voorbeeld hiervan was ʼn pamflet wat ná Jeugdag

(16 Junie 2012) deur die Herstigte Nasionale Party versprei is. Dit bevat ʼn

mediaverklaring van die Hoofsekretaris van die party:

Die HNP se Hoofbestuur het op die sogenaamde Jeugdag met afkeer

kennis geneem van die verdraaiing van die geskiedenis, en die

voortdurende pogings om die Afrikaners onder ʼn skuldgevoel te hou.

Die HNP stel dit onomwonde dat die Afrikaners geen deel het aan die

sogenaamde Jeugdag nie, en ook nie nodig het om enige skuldgevoel

te hê oor die gebeure in 1976 in Soweto nie (Van der Schyff 2012).

Hierdie sentiment was ook volop in die opvolggesprekke. Danie [13-502] stel dit

pertinent ek voel geensins skuldig in enige sin vir apartheid nie.

Ook George [15-568] eggo hierdie woorde Ek voel nie ek het skuld aan

apartheid nie.

Dit is veral Johan [6-208] wat ʼn interessante siening hieroor huldig. Soos reeds hierbo

aangedui, het hy in die aanvanklike navorsing sy standpunt gestel dat hy afsonderlike

ontwikkeling steun en niks anders nie. Hieroor het sy standpunt nog nie verander nie:

As ʼn mens praat van skuld dan impliseer dit dat

apartheid ʼn sonde was (die woord apartheid is

misbruik en het ʼn vloekwoord geword - ek praat

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!