25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p212

voorbeeld van ʼn “ja, maar...” standpunt.

In reaksie op die Australiese regering se verskoning aan die Aborigines

(BBC 2008a:elektroniese bron), skryf Ay'esha Kassiem die volgende:

"One would have hoped that that kind of apology – where there was no

excuse in terms of saying they didn't know or that it was just a bunch of

loose cannons – would have been offered (in SA) at the appropriate time

(Kassiem 2008:1). Sy skryf verder hieroor: "In South Africa,

reconciliation has been given a restricted meaning. It was just a case of

move on and not dwell on the past."

In Suid-Afrika het dit egter nie gebeur nie. Soos Karin hierbo, is ander se sondes

bygetrek om die eie las ligter te maak, of die vinger is na individue gewys. Toerien

(2011:elektroniese bron) voer aan “Apartheid was die fout van enkelinge.” Dit is

soortgelyk as die standpunt wat Johan [6-208] in 1998 gehuldig het toe hy sê dat wit

mense afsonderlike ontwikkeling ondersteun het, en nie moord nie.

Beide hierdie standpunte maak ʼn fundamentele fout in die beoordeling van apartheid.

Dit gaan nie in apartheid in die eerste plek oor die vergrype van individuele mense nie,

maar oor die onderliggende rassistiese uitgangspunt van rassemeerderwaardigheid en

die gevolglike aantasting van mense se menswaardigheid. Omdat hierdie onderskeid

nie raakgesien word nie, is dit vir sommige wit mense baie moeilik om enigsins wit

skuld aan apartheid raak te sien of te erken.

As voorbeeld kan verwys word na Carl Niehaus en Mary Burton se

Home for all campaign wat hulle loods op Versoeningsdag 2000.

Niehaus is as student toegesluit vir verraad en het later as ANC-lid

ambassadeur in Nederland geword; Burton was die voormalige leier van

die Black Sash-beweging en ook later ʼn assessor by die WVK

(Hawthorne 2001:elektroniese bron). In hierdie veldtog roep hulle wit

Suid-Afrikaners op om ʼn dokument te onderteken om daardeur te erken

dat hulle bevoorreg is deur apartheid en om te onderneem om deel te

neem aan die omkeer van die foute van die verlede. Soos Niehaus skryf

in die veldtog se Kersboodskap: "To be able to face the reality that

whites, regardless of whether we supported the apartheid system or not,

benefited from that systematic, all-embracing racial discrimination, can

be the beginning of a more mature process of taking joint responsibility

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!