25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p211

4.4.1 Onbewuste werklikheid

Dit is my oortuiging dat baie, selfs dalk die meeste, wit mense nie besef wat apartheid

aan swart mense gedoen het nie. Vroeër is aangetoon dat apartheid die rasse in

verskillende wêrelde verdeel het en dat daar bitter min oor en weer kontak was. Selfs in

die post-apartheid Suid-Afrika is die kontak oor die kleurgrens steeds net beperk tot

bepaalde situasies. Steeds weet baie wit Afrikaners nie wat die impak van vorige

politieke beleid op die swart inwoners van die land was nie. Skuldbelydenis oor wat

apartheid aan ander gedoen het, is onmoontlik Omdat ons eintlik nie geweet

het nie [Hanlie 12-274].

Terwyl sommige mede-navorsers, soos Hanlie hierbo, bereid is om te erken dat daar

fout was (al het almal nie noodwendig daarvan geweet nie), is daar ander soos Danie

wat nie eers wil praat oor wat fout was met apartheid nie. Hy wil net sorg dat die blaam

op Verwoerd [Danie 13-552] val, of op Van Riebeeck en die Engelse [Danie 13-488].

Karin [18-174] erken ruiterlik: As kind het ek nie werklik die omvang

daarvan besef nie. Wanneer sy skriftelik reageer op die vraag Hoe dink jy nou oor

jou skuld aan Apartheid? Begin sy so: Met hierdie vraag moet ek mooi dink

wat was my aandeel om Apartheid daar te stel en/of in stand te

hou? [Karin 18-183]. En wanneer sy dan wel die vraag antwoord, is dit asof sy ten alle

koste ook die ander rasse moet betrek by dinge wat dalk verkeerd was in die verlede.

So asof ander se moontlike skuld enige eie skuld sou kon ophef:

Ek dink daar het verskeie vergrype in die verlede

van verskeie kulture en rasse teenoor mekaar plaas

gevind. Indien ons mekaar die hand wil gee, is dit

nodig dat almal hulself teenoor die Here verootmoedig

en onvergifnis (sic) vra vir hul eie sondes,

asook die sondes van hul voorvaders [Karin 18-191].

Hierdie standpunt, naamlik dat ander óók skuld het wat verreken moet word, is meer

algemeen. Gertenbach (1998:5) vaar uit teen ʼn skuldbelydenis van die NG Gemeente

Lynnwood en dan is sy brief vol uitdrukkings soos “Natuurlik word daar in 'n volskaalse

oorlog deur al die strydende partye foute gemaak...” en “Waarom die optrede teen die

vyand plaasgevind het, word vergeet...”. Die bedoeling is duidelik een van

verontskuldiging van eie optrede in die lig van die “vyand” se optrede. Dit is nog ʼn

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!