LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p210 white, but I can’t guarantee you that I don’t sometimes think thoughts that I’m ashamed of. I can’t guarantee you that I don’t sometimes have hatred towards white people for what happened in my family history (aangehaal in Johns 2009:1). Daar is geen sin daarin om te probeer ontken dat almal wat in apartheid grootgeword het, op een of ander manier daardeur geaffekteer is nie. Ras-bewustheid, en selfs rasbeheptheid, is met moedersmelk ingegee. Al waarop gehoop kan word, is ʼn doelbewuste daaglikse keuse om hierdie toestand, welwetende dat dit soos ʼn hardnekkige siekte maklik weer sy kop kan uitsteek, te onderdruk. Wat Hill (2008:vi) skryf oor Amerika, meer as vyftig jaar na die afskaffing van segregasie, moet plaaslik dien as waarskuwing: “...every serious study shows that White racism continues to be a deadening and oppressive fact of life for the vast majority of people of colour in the United states.” In die debat oor rassisme in Suid-Afrika kan almal maar net saamstem met die hoop wat Fisher (2007:245) uitspreek: “Race and racism are not simple issues and there are no ready-made and easy answers... And while we are searching for answers, I hope that we will continue to talk about this very important issue.” 4.4 Skuld ʼn Verhaal wat met oortuiging vertel is om luisteraars te oorreed tot dieselfde insigte, het plek gemaak vir ʼn verhaal van shame wat bely moes word. Dit was ʼn pynlike proses, maar tegelyk ook ʼn bevrydende proses (Müller 2000a:23). Dit was vir my opvallend dat hierdie deel van die gesprekke wat oor skuld gehandel het, aansienlik moeiliker gevloei het as die res van die gesprekke. Waar dit nog moontlik is om abstrak en teoreties oor die ander aspekte soos rassisme of die kerk te praat, kom die vraag oor skuld naby aan die lyf van beide navorser en mede-navorsers.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p211 4.4.1 Onbewuste werklikheid Dit is my oortuiging dat baie, selfs dalk die meeste, wit mense nie besef wat apartheid aan swart mense gedoen het nie. Vroeër is aangetoon dat apartheid die rasse in verskillende wêrelde verdeel het en dat daar bitter min oor en weer kontak was. Selfs in die post-apartheid Suid-Afrika is die kontak oor die kleurgrens steeds net beperk tot bepaalde situasies. Steeds weet baie wit Afrikaners nie wat die impak van vorige politieke beleid op die swart inwoners van die land was nie. Skuldbelydenis oor wat apartheid aan ander gedoen het, is onmoontlik Omdat ons eintlik nie geweet het nie [Hanlie 12-274]. Terwyl sommige mede-navorsers, soos Hanlie hierbo, bereid is om te erken dat daar fout was (al het almal nie noodwendig daarvan geweet nie), is daar ander soos Danie wat nie eers wil praat oor wat fout was met apartheid nie. Hy wil net sorg dat die blaam op Verwoerd [Danie 13-552] val, of op Van Riebeeck en die Engelse [Danie 13-488]. Karin [18-174] erken ruiterlik: As kind het ek nie werklik die omvang daarvan besef nie. Wanneer sy skriftelik reageer op die vraag Hoe dink jy nou oor jou skuld aan Apartheid? Begin sy so: Met hierdie vraag moet ek mooi dink wat was my aandeel om Apartheid daar te stel en/of in stand te hou? [Karin 18-183]. En wanneer sy dan wel die vraag antwoord, is dit asof sy ten alle koste ook die ander rasse moet betrek by dinge wat dalk verkeerd was in die verlede. So asof ander se moontlike skuld enige eie skuld sou kon ophef: Ek dink daar het verskeie vergrype in die verlede van verskeie kulture en rasse teenoor mekaar plaas gevind. Indien ons mekaar die hand wil gee, is dit nodig dat almal hulself teenoor die Here verootmoedig en onvergifnis (sic) vra vir hul eie sondes, asook die sondes van hul voorvaders [Karin 18-191]. Hierdie standpunt, naamlik dat ander óók skuld het wat verreken moet word, is meer algemeen. Gertenbach (1998:5) vaar uit teen ʼn skuldbelydenis van die NG Gemeente Lynnwood en dan is sy brief vol uitdrukkings soos “Natuurlik word daar in 'n volskaalse oorlog deur al die strydende partye foute gemaak...” en “Waarom die optrede teen die vyand plaasgevind het, word vergeet...”. Die bedoeling is duidelik een van verontskuldiging van eie optrede in die lig van die “vyand” se optrede. Dit is nog ʼn

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p210

white, but I can’t guarantee you that I don’t sometimes think thoughts

that I’m ashamed of. I can’t guarantee you that I don’t sometimes have

hatred towards white people for what happened in my family history

(aangehaal in Johns 2009:1).

Daar is geen sin daarin om te probeer ontken dat almal wat in apartheid grootgeword

het, op een of ander manier daardeur geaffekteer is nie. Ras-bewustheid, en selfs rasbeheptheid,

is met moedersmelk ingegee. Al waarop gehoop kan word, is ʼn

doelbewuste daaglikse keuse om hierdie toestand, welwetende dat dit soos ʼn

hardnekkige siekte maklik weer sy kop kan uitsteek, te onderdruk. Wat Hill (2008:vi)

skryf oor Amerika, meer as vyftig jaar na die afskaffing van segregasie, moet plaaslik

dien as waarskuwing: “...every serious study shows that White racism continues to be a

deadening and oppressive fact of life for the vast majority of people of colour in the

United states.”

In die debat oor rassisme in Suid-Afrika kan almal maar net saamstem met die hoop

wat Fisher (2007:245) uitspreek: “Race and racism are not simple issues and there are

no ready-made and easy answers... And while we are searching for answers, I hope

that we will continue to talk about this very important issue.”

4.4 Skuld

ʼn Verhaal wat met oortuiging vertel is om luisteraars te oorreed tot

dieselfde insigte, het plek gemaak vir ʼn verhaal van shame wat bely

moes word. Dit was ʼn pynlike proses, maar tegelyk ook ʼn bevrydende

proses (Müller 2000a:23).

Dit was vir my opvallend dat hierdie deel van die gesprekke wat oor skuld gehandel

het, aansienlik moeiliker gevloei het as die res van die gesprekke. Waar dit nog

moontlik is om abstrak en teoreties oor die ander aspekte soos rassisme of die kerk te

praat, kom die vraag oor skuld naby aan die lyf van beide navorser en mede-navorsers.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!