LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p208 enjoins everyone to treat us with concern and consideration. This entitlement has nothing to do with race and culture. The right is so intrinsic and self-evident that other nations in the world have not included this particular right in their constitutions. But here it was a historical necessity that our constitution should entrench the right to human dignity as an inherent right. Die skildery het egter nie lank genoeg gehang vir die hofsaak om afgehandel te word nie. Twee mans Barend la Grange en Louis Mabokela het onafhanklik van mekaar die skildery met verf besmeer. Mabokela, wat al die pad van Tzaneen 34 af gereis het om die skildery te sien, het as motivering aangevoer: “It’s an insult. He is a parent” (Knoetze & Maphumulo 2012:elektroniese bron). La Grange het in ʼn onderhoud gesê: “Toe hy en sy kinders sê die skildery verneder hom moes die galery-eienaars en Murray die insig gehad het om dit te verwyder. Hulle’t mos klaar hul punt gemaak” (Retief 2012:elektroniese bron). Hy beskryf sy daad verder: “Ek het dit nié namens wit mense gedoen nie, maar as Afrikanerman het ek geroepe gevoel. Ons, gestereotipeer as die groot rassiste, het ’n verantwoordelikheid om daardie persepsie om te keer... So dit was die régte ding dat ’n wit man van die skildery ontslae raak.” Hier was ʼn man wat opgetree het vanuit die oortuiging dat hierdie saak oor baie meer as net ʼn skildery gaan. Teenoor die optrede van La Grange en die trane van advokaat Malindi – wat elk op sy eie manier besef het dat rassisme saamgaan met die aantasting van menswaardigheid – is daar uit die opvolgnavorsing dié reaksie van Johan. In antwoord op die vraag of wit mense kan wegkom daarvan om alles deur ʼn ras-bril te bekyk, antwoord hy met ʼn teenvraag: Het die Skepper dit dan verkeerd gehad? [Johan 17-098]. Die kernvraag is egter nie waarom mense as wit en swart gemaak is nie, maar of daar by die velkleur verbygekyk kan word. Johan blyk onwillig of nie in staat om raak te sien dat in Suid-Afrika ras nog nooit ʼn neutrale begrip was nie, maar dat swart mense (d.w.s. alle nie-wit mense) deur wit mense benadeel en uitgebuit is nie. ʼn Verswarende faktor is dat wit mense nie graag praat oor ras en die implikasies daarvan nie. Wit mense erken nie maklik die voordele wat hulle het as gevolg van apartheid nie. Most white people in South Africa feel uncomfortable when one raises 34 Tzaneen is ongeveer 350km noord-oos van Pretoria.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p209 the topic of racism. Maybe it has to do with guilt over what happened under apartheid, or perhaps it is a genuine attempt at forgetting the past. Yet it is difficult to forget the past when its legacies still loom very large in our society. But the greater effects of our racist past can be seen every day in the many townships where black people continue to live the same miserable lives they lived under apartheid and where our democratic government is building worse houses for poor people than those built by the apartheid government (Fisher 2007:5). 4.3.4 Rassisme in remissie? Dit sal waarskynlik nog baie lank wees voordat die meerderheid wit mense in Suid- Afrika die woorde van Fisher (2007:1) sal kan eggo: “I believe that I am a racist because my entire life I have been groomed to become one.” Die lys van twaalf bewyse wat hy dan aanvoer vir hierdie stelling is ewe waar vir alle bevolkingsgroepe. Daar is niemand wat onder apartheid grootgeword het, wat kan ontken dat hulle die merk van daardie beleid dra nie. “I grew up in South Africa, where race and racism has dominated our society for much of the last century and continues to dominate our society today” (Fisher 2007:1). ʼn Paar bladsye verder gaan hy voort met sy verduideliking oor waarom hy homself steeds as ʼn rassis beskou: “I grew up in the era of apartheid and the stigma of that era will probably stay with me forever. To this day, I still find myself having preconceived notions of Africans, whites, Indians or coloured people, who form the major race groups in South Africa. It is because of this that I say that I am a racist” (Fisher 2007:3). Dit is belangrik om raak te sien dat Fisher nie hierdie verduideliking aanbied as ʼn verskoning vir rassistiese optrede nie, maar bloot as ʼn erkenning van sy posisie. Hy is geen passiewe slagoffer nie, maar erken bloot die effek wat apartheid op hom gehad het en nog steeds het. Volgens Weingarten (2000) se patroon bevind hy homself in die groen kwadrant: bewus en bemagtig. Dit is in hierdie selfde lig dat Jonathan Jansen erken dat hy nie kan sê dat hy nie ʼn rassis is nie: I try every single day of my life to be generous, to be honest, to be equitable, to live my life for all my fellow brothers and sisters, black and

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p209

the topic of racism. Maybe it has to do with guilt over what happened

under apartheid, or perhaps it is a genuine attempt at forgetting the

past. Yet it is difficult to forget the past when its legacies still loom very

large in our society. But the greater effects of our racist past can be

seen every day in the many townships where black people continue to

live the same miserable lives they lived under apartheid and where our

democratic government is building worse houses for poor people than

those built by the apartheid government (Fisher 2007:5).

4.3.4 Rassisme in remissie?

Dit sal waarskynlik nog baie lank wees voordat die meerderheid wit mense in Suid-

Afrika die woorde van Fisher (2007:1) sal kan eggo: “I believe that I am a racist

because my entire life I have been groomed to become one.” Die lys van twaalf bewyse

wat hy dan aanvoer vir hierdie stelling is ewe waar vir alle bevolkingsgroepe. Daar is

niemand wat onder apartheid grootgeword het, wat kan ontken dat hulle die merk van

daardie beleid dra nie. “I grew up in South Africa, where race and racism has

dominated our society for much of the last century and continues to dominate our

society today” (Fisher 2007:1). ʼn Paar bladsye verder gaan hy voort met sy

verduideliking oor waarom hy homself steeds as ʼn rassis beskou: “I grew up in the era

of apartheid and the stigma of that era will probably stay with me forever. To this day, I

still find myself having preconceived notions of Africans, whites, Indians or coloured

people, who form the major race groups in South Africa. It is because of this that I say

that I am a racist” (Fisher 2007:3).

Dit is belangrik om raak te sien dat Fisher nie hierdie verduideliking aanbied as ʼn

verskoning vir rassistiese optrede nie, maar bloot as ʼn erkenning van sy posisie. Hy is

geen passiewe slagoffer nie, maar erken bloot die effek wat apartheid op hom gehad

het en nog steeds het. Volgens Weingarten (2000) se patroon bevind hy homself in die

groen kwadrant: bewus en bemagtig.

Dit is in hierdie selfde lig dat Jonathan Jansen erken dat hy nie kan sê dat hy nie ʼn

rassis is nie:

I try every single day of my life to be generous, to be honest, to be

equitable, to live my life for all my fellow brothers and sisters, black and

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!