25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p208

enjoins everyone to treat us with concern and consideration. This

entitlement has nothing to do with race and culture. The right is so

intrinsic and self-evident that other nations in the world have not

included this particular right in their constitutions. But here it was a

historical necessity that our constitution should entrench the right to

human dignity as an inherent right.

Die skildery het egter nie lank genoeg gehang vir die hofsaak om afgehandel te word

nie. Twee mans Barend la Grange en Louis Mabokela het onafhanklik van mekaar die

skildery met verf besmeer. Mabokela, wat al die pad van Tzaneen 34 af gereis het om

die skildery te sien, het as motivering aangevoer: “It’s an insult. He is a parent”

(Knoetze & Maphumulo 2012:elektroniese bron). La Grange het in ʼn onderhoud gesê:

“Toe hy en sy kinders sê die skildery verneder hom moes die galery-eienaars en

Murray die insig gehad het om dit te verwyder. Hulle’t mos klaar hul punt gemaak”

(Retief 2012:elektroniese bron). Hy beskryf sy daad verder: “Ek het dit nié namens wit

mense gedoen nie, maar as Afrikanerman het ek geroepe gevoel. Ons, gestereotipeer

as die groot rassiste, het ’n verantwoordelikheid om daardie persepsie om te keer... So

dit was die régte ding dat ’n wit man van die skildery ontslae raak.” Hier was ʼn man wat

opgetree het vanuit die oortuiging dat hierdie saak oor baie meer as net ʼn skildery

gaan.

Teenoor die optrede van La Grange en die trane van advokaat Malindi – wat elk op sy

eie manier besef het dat rassisme saamgaan met die aantasting van menswaardigheid

– is daar uit die opvolgnavorsing dié reaksie van Johan. In antwoord op die vraag of wit

mense kan wegkom daarvan om alles deur ʼn ras-bril te bekyk, antwoord hy met ʼn

teenvraag: Het die Skepper dit dan verkeerd gehad? [Johan 17-098]. Die

kernvraag is egter nie waarom mense as wit en swart gemaak is nie, maar of daar by

die velkleur verbygekyk kan word. Johan blyk onwillig of nie in staat om raak te sien dat

in Suid-Afrika ras nog nooit ʼn neutrale begrip was nie, maar dat swart mense (d.w.s.

alle nie-wit mense) deur wit mense benadeel en uitgebuit is nie.

ʼn Verswarende faktor is dat wit mense nie graag praat oor ras en die implikasies

daarvan nie. Wit mense erken nie maklik die voordele wat hulle het as gevolg van

apartheid nie.

Most white people in South Africa feel uncomfortable when one raises

34 Tzaneen is ongeveer 350km noord-oos van Pretoria.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!