25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p207

Aan die ander kant van die spektrum het die impak van die jarelang dehumanisering

van swart mense baie duidelik na vore gekom in die hofsaak oor Brett Murray se

skildery The Spear. Hierdie skildery was deel van ʼn groter uitstalling oor sosiale kritiek

op die ANC-regering. The Spear, gebaseer op die uitbeelding van Lenin in ʼn Sowjetera

propaganda poster, beeld president Zuma uit met sy geslagsdele wat uithang.

Alhoewel baie geskryf en gesê is oor vryheid van spraak en dergelike sake versus die

privaatheid van die president (Haffajee 2012:elektroniese bron), was daar in baie van

die kritiek ʼn spesifieke verwysing na die apartheid-verlede. Dit is veral twee verwante

sake wat ter sprake kom: “The ANC secretary-general, Gwede Mantashe, argued that

the painting proved black people were still regarded as objects in South Africa. ‘We

have not outgrown racism in our 18 years [of democracy],’ he said.” (Smith

2012:elektroniese bron). Dit gaan dus nie oor eenvoudige rassisme per se nie, maar

rassisme as menswaardigheidskending. In president Zuma se beëdigde verklaring aan

die hof voer hy ook aan die skildery “has the effect of impugning my dignity in the eyes

of all who see it” (Ng 2012:elektroniese bron). Die kwessies wat weereens na vore

kom, is rassisme soos uitgedruk in die aantasting van menswaardigheid. In die hofsaak

het Zuma se advokaat Gcina Malindi erken die saak gaan nie oor rassisme nie, maar

oor waardigheid (Keogh 2012a:elektroniese bron).

Die voorval wat die diepte van die vernedering wat swart mense tydens apartheid

ervaar het die beste uitgebeeld het, was toe advokaat Malindi hardop in trane uitgebars

het tydens die hofsaak. Hy het aan die regters van die hof gevra: “Selfs diegene wat die

ergste misdade pleeg, moordenaars en verkragters, word met waardigheid behandel.

Hoekom dan nie die president van die land nie?” (Keogh 2012b:elektroniese bron).

Ongeag die saak wat uitgemaak kan word vir vryheid van spraak en uitdrukking, is hier

ʼn beginsel wat in die lig van Suid-Afrika se rasse-geskiedenis nie geïgnoreer kan word

nie.

ʼn Voormalige lid van die WVK, Ntsiki Sandi (2012:elektroniese bron) skryf na

aanleiding van die rasse-geskiedenis dat ons moet waak teen “opening the wounds of

the past.” Hy gaan voort:

The right not to be stripped naked or half naked, even artistically, but to

be treated with respect and dignity is the inherent right of all human

beings. It is a right that belongs to them not because of their cultural

affinity or the pigmentation of their skin. The mere fact we are humans

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!