25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p205

(vaderland) gee en hierdie essensiële waardes aan hulle oordra om in

hulle eie gemeenskappe te handhaaf.

Hierdie houding van meerderwaardigheid – en die gepaardgaande paternalisme – is

steeds, moontlik onbewus, deel van sommige wit mense se gedragspatrone. Onder die

mede-navorsers was dit veral Karin [18-029] wat tekens hiervan getoon het, ten spyte

van haar aanspraak dat sy alle mense ongeag van ras of geslag [sien]

as mensekinders wat deur God geskape is en ek probeer elke mens

menswaardig te laat voel en ek dink dit kom deur [Karin 11-139]. In die

opvolggesprek sê sy byvoorbeeld Ek beleef hulle as hulle kyk op na my

[Karin 11-094] en wanneer ek haar uitvra oor wit mense wat nog namens swart mense

besluite wil maak, dan antwoord sy: Eintlik is dit sweet. Hulle het daai

nederigheid en daai minderwaardigheid [Karin 11-132].

Daar is ook ander redes wat aangevoer word vir die meer openlike rassisme van

sommige wit mense in die onlangse verlede. In my gesprek met Frans stem hy met

Elsa [9-417] saam dat die mense is net meer uitgesproke omdat hulle nou

meer blootgestel is aan mense van ander rasse. Ek [Albert 9-424] probeer dit so

saamvat:

Swart mense het dáár gebly en ons het hier gebly. In

ʼn sekere sin het hulle hul eie winkels gehad en in

hulle eie wêreld geleef. Ons het in ons wêreld

geleef en hulle in hulle wêreld en nou is daai twee

wêrelde een. Nou het ons net baie meer swart mense

om ons as wat ons nog in ons lewe gehad het. Ek

wonder nogal daaroor. Want ʼn mens hoor dikwels mense

sê ek was nooit ʼn rassis nie maar... Dan is my vraag

altyd is dit reg, was jy rêrig nooit ʼn rassis nie of

was dit net nie ʼn kwessie gewees nie?

Ek reken dat my vraag aan Frans en Elsa nog net so relevant is: Was diegene wat nou

in post-apartheid Suid-Afrika so rassisties optree nie ook maar in die ou bedeling

rassisties nie? [vergelyk Albert 9-384]. Dalk was dit net nooit nodig om uiting te gee

daaraan nie. Uit die opvolgnavorsing was dit duidelik dat die meeste mede-navorsers

raaksien dat wit mense tydens apartheid geopereer het vanuit ʼn rassistiese

vertrekpunt. Enkele voorbeelde uit die gesprekke sal dit illustreer. Elsa [9-189] sê daar

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!