25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p204

nie maar ons ou doodgewone-in-die-middel groep se leier word nie? Jy

VERSTAAN dinge (in Retief 2010:elektroniese bron).

Alhoewel die meeste kommentare op die webblad ondersteunend was vir Botes, was

daar ook ʼn aantal wat skerp kritiek gelewer het. Só skryf ene alidamvdm (skuilnaam):

Soos jy sê: So is jy maar. En dit vat presies saam wat skeel by sekere

wit Suid-Afrikaners wat deel van die gif in ons samelewing uitmaak. Jy

besef glad nie hoe disrespekvol (sic) jy is nie. Onder die dekmantel van

eerlikheid en snaakswees, is jy aanstootlik, liefdeloos en uiters

onregverdig teenoor jou mede-landsburgers. Hoe gouer jy emigreer,

hoe beter vir almal (in Retief 2010:elektroniese bron).

Uit die voorbeeld hierbo genoem is dis duidelik dat rassisme nog ʼn groot diskoers in die

post-apartheid Suid-Afrika is. Miskien is Fisher (2007:1) reg as hy beweer: “I believe

that most people in South Africa are racists.” Onder wit mense, skryf Smith (2010a:16),

is daar nog steeds “mense wat glo apartheid was nie so sleg nie, tot voordeel van

swartes, [wat] bid vir herstel van apartheid sodat alles weer ‘normaal’ kan wees.”

Hierdie rassisme kom nie net van wit mense se kant nie. Mnguni (2012:elektroniese

bron) voer aan “Many black people in our little corners will admit that they hate white

people and want them as far away as possible, equally many white people in their little

corners admit to this, too (about blacks).”

Sekere voorvalle en uitsprake wat as rassisties aangedui word, kan teruggevoer word

na ʼn houding van paternalisme waar die sogenaamde “meerderes” hulleself beskou as

die voogde van die sogenaamde “minderes.” Dit sou dan onder meer insluit dat vír die

“minderes” besluite geneem en keuses gemaak moet word. In die apartheidstyd was dit

een van die uitgangspunte van die beleid dat wit mense namens swart mense besluite

moes neem, omdat hulle kwansuis nie self daartoe in staat sou wees nie. In haar boek

oor wit mag en die NP skryf Van der Westhuizen (2007:99) “the Afrikaners insisted that

they knew what black people – ‘their’ Africans – wanted.”

Smith (2010a:44) skryf dat hy Verwoerd se beleid van apartheid kan verstaan in die lig

van die wetenskap van daardie tyd, maar dan gaan hy voort:

Die pyn wat sodanige skeiding in ʼn samelewing teweeg sou bring, was

nie ter sprake nie. Ons, die wittes, weet wat beskaafde standaarde en

Christelike norme is. Ons sou aan elke etniese groep ʼn eie woonplek

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!