LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p202 van ʼn groot ongeluk en hulle het nou ʼn lys name wat daarby is. As ek sien dit is swart name wat daar is, dan lees ek dit nie. Op die vraag hoekom sekere mense klaarblyklik tans meer rassisties is as vroeër antwoord Isak [16-194] so: Ons sien die effek van misdaad, korrupsie, swak dienslewering, politici se uitsprake. Die plaasboere is onder bedreiging en onveilig. Regstellende aksie. Van die rááksien van hierdie probleme is dit dan ʼn kort sprong om ʼn rassistiese kleur daaraan te gee. Isak [16-183] is nugter genoeg om raak te sien Swak dienslewering, korrupsie en misdaad is nie ʼn ras probleem nie, dit is ʼn politieke of werksetiek of bestuursprobleme. Want hierdie dinge is nie net beperk tot ʼn sekere ras nie. Dalk is daar ʼn eenvoudiger antwoord oor waarom dit lyk of mense tans meer rassisties as vroeër is. Dalk was dit in die ou bedeling nie nodig om so uitgesproke rassisties te wees nie, maar dit beteken nie dat rassisme nie ten minste onderliggend teenwoordig was nie. In die tyd tussen die aanvanklike en die opvolgnavorsing, was daar verskeie praktiese voorbeelde van openlike rassisme in Suid-Afrika. Dit is uiteraard nie moontlik om na almal te verwys nie, daarom word volstaan met ʼn aantal uit die onlangse verlede. Die rassistiese gebruik van die sosiale netwerk Twitter 31 het twee skoonheidmodelle diep in die moeilikheid gehad. Vroeg in Mei 2012 het die FHM 32 model van die jaar 2011, Jessica Leandra dos Santos, die wêreld aan die gons gehad met ʼn tweet wat lui: “Just, well took on an arrogant and disrespectful kaffir inside Spar. Should have punched him, should have” (John 2012:elektroniese bron). Volgens ander bronne het sy al vantevore ʼn soortgelyke boodskap ge-tweet: "Highlight of my weekend? Almost punching an #Engen petrol assistant. No tolerance for rude African monkeys whatsoever!" (Mnguni 2012:elektroniese bron). Dit het nie lank geneem vir die reaksies om in te kom nie. ʼn Ander model Tshidi Thamana het gereageer met “Dear Mr Peter Mokaba... I wish All White People were killed when you sang ‘Kill the Boer’ we wouldn’t be experiencing @JessicaLeanda’s racism right now *☺*” 31 Twitter is ʼn aanlyn sosiale netwerk diens en mikro-blog diens wat gebruikers in staat stel om teksgebaseerde boodskappe van tot 140 karakters, bekend as tweets te stuur. 32 ʼn Glanstydskrif vir mans. Volgens hulle webblad (www.fhm.com) “we provide you with the very best in men’s lifestyle with just about everything you would ever need to know or want to look at.”

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p203 Op Facebook 33 was daar ook ʼn hewige reaksie op ʼn status update van Ken Sinclair waarin sy frustrasie met die gedrag van sy medestudente aan die Kaapstadse Tegnikon oorkook in erge rassistiese taal: Seriously, seriously, seriously, had enough of the blacks in this country. Arrogant f***ing swines, and I will make it my facebook status because I want them all to know. You are all f**k all without whites, you would still be in your little mud huts. Go on as if we owe you everything, we owe you shit! Expect everything for nothing and have the biggest attitudes I have ever come across (Mnguni 2012:elektroniese bron). Dit het ʼn hele ruk geneem voordat iemand vir Sinclair aangespreek het oor sy veralgemenings en rassistiese taalgebruik. ʼn Hele aantal van sy vriende het eers ondersteunend gereageer op sy aanvanklike opmerking. Die twee modelle het ook ondersteuners sowel as teenstaanders gehad. Dit laat die vraag ontstaan of hulle werklik die uitsonderings was. Is hulle dalk bloot uitgevang terwyl daar baie ander is wat soortgelyke standpunte huldig? Is rassisme nie dalk meer algemeen nie? Op hierdie vraag antwoord die assistent-afrigter van die nasionale krieketspan Vincent Barnes as volg: The majority of South Africans are living their lives in much the same way as they did under apartheid. White people still refuse to share the things they had under apartheid. At least things are easier with the younger generation. They are brought up together... They go to school together and the play sport together. But the adults remain racist (Fisher 2007:96). Laat in 2010 was daar ʼn groot gefladder in die duiwehok na ʼn onderhoud wat Hanlie Retief van Rapport met die Afrikaanse skrywer Annelie Botes gevoer het. Tydens die onderhoud het Botes gesê “Ek hou nie van swart mense nie” en “Ek verstáán hulle nie!” (Retief 2010:elektroniese bron). Hierdie uitsprake het reaksie van verskillende kante af ontlok. Sommige het haar volledig gesteun terwyl ander haar veroordeel het. Een van die eerste reaksies op Rapport se webblad was dié van vlooi (skuilnaam) wat skryf: Heng, die tannie mag maar namens my praat. Dankie Annelie Botes, dat jy uiteindelik opstaan en sê wat al lankal gesê moes word. Jy het meer guts as al ons leiers tesame, verlede en hede, wit en swart. Wil jy 33 Facebook is ʼn sosiale netwerk diens wat sedert 2004 bedryf word. Gebruikers registreer en skep ʼn persoonlike profiel waarna hulle boodskappe en foto’s met vriende kan uitruil.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p202

van ʼn groot ongeluk en hulle het nou ʼn lys name wat daarby is.

As ek sien dit is swart name wat daar is, dan lees ek dit nie.

Op die vraag hoekom sekere mense klaarblyklik tans meer rassisties is as vroeër

antwoord Isak [16-194] so: Ons sien die effek van misdaad, korrupsie,

swak dienslewering, politici se uitsprake. Die plaasboere is

onder bedreiging en onveilig. Regstellende aksie. Van die rááksien van

hierdie probleme is dit dan ʼn kort sprong om ʼn rassistiese kleur daaraan te gee. Isak

[16-183] is nugter genoeg om raak te sien Swak dienslewering, korrupsie en

misdaad is nie ʼn ras probleem nie, dit is ʼn politieke of

werksetiek of bestuursprobleme. Want hierdie dinge is nie net

beperk tot ʼn sekere ras nie.

Dalk is daar ʼn eenvoudiger antwoord oor waarom dit lyk of mense tans meer rassisties

as vroeër is. Dalk was dit in die ou bedeling nie nodig om so uitgesproke rassisties te

wees nie, maar dit beteken nie dat rassisme nie ten minste onderliggend teenwoordig

was nie. In die tyd tussen die aanvanklike en die opvolgnavorsing, was daar verskeie

praktiese voorbeelde van openlike rassisme in Suid-Afrika. Dit is uiteraard nie moontlik

om na almal te verwys nie, daarom word volstaan met ʼn aantal uit die onlangse

verlede.

Die rassistiese gebruik van die sosiale netwerk Twitter 31 het twee skoonheidmodelle

diep in die moeilikheid gehad. Vroeg in Mei 2012 het die FHM 32 model van die jaar

2011, Jessica Leandra dos Santos, die wêreld aan die gons gehad met ʼn tweet wat lui:

“Just, well took on an arrogant and disrespectful kaffir inside Spar. Should have

punched him, should have” (John 2012:elektroniese bron). Volgens ander bronne het

sy al vantevore ʼn soortgelyke boodskap ge-tweet: "Highlight of my weekend? Almost

punching an #Engen petrol assistant. No tolerance for rude African monkeys

whatsoever!" (Mnguni 2012:elektroniese bron). Dit het nie lank geneem vir die reaksies

om in te kom nie. ʼn Ander model Tshidi Thamana het gereageer met “Dear Mr Peter

Mokaba... I wish All White People were killed when you sang ‘Kill the Boer’ we wouldn’t

be experiencing @JessicaLeanda’s racism right now *☺*”

31 Twitter is ʼn aanlyn sosiale netwerk diens en mikro-blog diens wat gebruikers in staat stel om

teksgebaseerde boodskappe van tot 140 karakters, bekend as tweets te stuur.

32 ʼn Glanstydskrif vir mans. Volgens hulle webblad (www.fhm.com) “we provide you with the very best in

men’s lifestyle with just about everything you would ever need to know or want to look at.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!