25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p199

specific ‘race’ on the basis of the assumed cultural and/or logical inferiority of that

‘race’. In this way actual differences in power are maintained and intensified” (Koopman

2008:160). Hierdie definisie onderstreep dat daar in rassisme ʼn onderliggende idee van

meerder- / minderwaardigheid is. Hierdie houding is gekoppel aan die persoon se ras.

Die konsep “ras” mag dalk ʼn uitgediende begrip wees, maar dit neem nie die gebruik

daarvan weg nie. So meld Alexander (2010:elektroniese bron) dat die gebruik daarvan

steeds deel van die werklikheid is:

Vandag aanvaar die wetenskap dat “ras” nie ’n geldige biologiese

entiteit is nie. Dit beteken egter nie dat ons die sosiale werklikheid

daarvan moet ontken nie. Ontkenning is geen oplossing vir enige

sosiale siekte nie, hetsy dit oor iets soos Vigs hetsy oor rassistiese

vooroordele gaan. Die meeste Suid-Afrikaners dink nog altyd in terme

van sulke kategorieë, omdat hulle gekondisioneer is om hul werklikheid

te aanvaar. Hulle bekyk die wêreld nog altyd deur brille wat deur ’n

uitgeleefde konsep van “ras” besmet is.

Hy verwys na Montagu wat reeds in 1943 met sy boek Man’s Most Dangerous Myth:

The Fallacy of Race, die konsep van ras as ‘n mite afgemaak het. En dan gaan hy

voort:

Na die gruwelikhede van die transatlantiese slawehandel in ’n vroeëre

periode en in Nazi-Duitsland, die voormalige Joego-Slawië, Rwanda en

in so baie ander plekke in die laaste eeu, kan niemand meer twyfel dat

“ras” inderdaad een van die vuurhoutjies is wat die briljantste

prestasies van die menslike gees kan verwoes nie (Alexander

2010:elektroniese bron).

Rassisme misbruik dus ʼn uitgediende konsep van ras om mense te klassifiseer as

persone met meer of minder waarde. Op grond van stereotipering en kondisionering

word hierdie vooroordeel bevestig en versterk. Isak [14-168] verwys na ʼn tipiese

voorval van gevestigde stereotipering waarmee hy te doen gehad het:

jy kom by ʼn plek en jy parkeer en die klomp staan en

gesels en hier kom ʼn swart ou aan en groet en die

wit ou vra o, kom jy ons kar oppas? Hy sê nee, ek is

nie ʼn sekuriteitswag nie, ek werk hier. So jy het

nog altyd daar persepsies, daai stereotipering.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!