25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p197

hope as South Africans depended on reaching out to such glimpses of

humanity in a spirit of compassion instead of revenge.” Na jare van die

ontkenning van sommige groepe se menswaardigheid, was dit vir hom

die primêre kwessie om raak te sien (Gobodo-Madikizela 2004:45).

Ook Nico Smith, die wit dominee van die swart gemeente Mamelodi,

verwys telkens na die kwessie van menswaardigheid. Só beskryf hy die

“onsigbare” swart werkers wat in wit woonbuurte mag gewoon het op

voorwaarde dat hulle hulself in diens van die wittes moet stel. “Hulle was

dus nog sigbaar teenwoordig in die gebiede wat vir die wittes

geproklameer is, maar slegs om ʼn bepaalde funksie in die wit gebiede te

vervul. En wanneer menswees vervang word met funksie-wees, is

mense nie meer mense nie maar implemente. Met implemente kan jy

doen soos jy goeddink. Dis soos ʼn implement in jou huis of tuin” (Smith

2010a:24). Om hierdie rede noem hy Suid-Afrika ʼn “swartmensonvriendelike

land.”

ʼn Politieke beleid wat gebou word op mag en die ontkenning van menswaardigheid,

loop uit op dit wat die voormalige lid van die Menseregtekommissaris Rhoda Kadalie

noem “a system that privileges people on the basis of race” (aangehaal in Fisher

2007:92). So het apartheid, rassisme in werksklere, ʼn sisteem geword wat mense

bevoordeel of benadeel het op grond van ʼn onveranderlike faktor soos velkleur.

ʼn Sisteem moet egter in stand gehou word. So was dit ook met apartheid. Die sukses

van die beleid het afgehang van die steun wat wit mense daaraan gegee het om die NP

politici aan bewind te hou. Danie [13-087] mag dalk reg wees as hy aanvoer dat

rassisme nie net die sonde van die Afrikaner is nie: Jy kry rasisme onder

swartes, jy kry dit onder Indiërs, jy kry dit onder kleurlinge.

Rassisme is wêreldwyd, maar in Suid-Afrika was dit die wit kiesers wat die beleid

in stand gehou het. Ten spyte van die verweer van onmag wat hulle in die onderste

twee kwadrante van Weingarten (2000) sou plaas, was wit kiesers oor dekades by

magte om apartheid by die stembus te beëindig. Frans [9-246] is heel eerlik as hy

hieroor praat: as jy gaan stil sit en mooi oor al hierdie goeters

gaan dink, dan kan ek nie glo dat ek so naïef was, so dat ek dit

op ʼn stadium ook gesteun het nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!