LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem p4 Nie al die mede-navorsers sal saamstem met wat Müller sê en hoe hy hom daaroor uitdruk nie, en dit was ook nooit die bedoeling dat almal dieselfde moet dink of praat nie. Die navorsing was ook nie bedoel om 'n terapeutiese ingryp te wees nie, maar tog ook nie sonder terapeutiese waarde nie. Tydens die eerste groepsbyeenkoms stel ek dit so aan die mede-navorsers: Ek wil hê dat ons ...mekaar moet begelei om beter aan te pas, om 'n meer suksesvolle deelname aan die nuwe SA te kan hê [Albert 1-025]. Die deelnemers word eintlik mede-skrywers van die finale produk “and it is the recognition of this that can make therapy more of a collaborative learning program" (Steier 1991:170). Hierin sluit ek aan by Anderson en Goolishian (1988:381) as hulle die doel van terapie só verwoord: The goal of therapy is to participate in a conversation that continually loosens and opens up, rather than constricts and closes down. Through therapeutic conversations, fixed meanings and behaviours... are given room, broadened, shifted, and changed. Die bedoeling was nooit dat die navorsing alleen maar moet uitloop in 'n verslag waarin daar dan waarde ontsluit word nie. Die aanvanklike deelnemers (mede-navorsers) moes reeds waarde put uit hulle deelname aan die proses (Müller, Van Deventer en Human 2001). Ek verduidelik dit in die eerste gesprek só aan die groep: ...as iemand 'n proefskrif skryf, in watter studierigting ook al, dan is die waarde waarvan gewoonlik eers na die tyd. Hy kry 'n klomp mense, hy stuur vraelyste uit, hy versamel inligting en evalueer dit en so meer. En dan publiseer hy 'n artikel of 'n proefskrif en die waarde kom eers na die tyd. Die mense met wie hy in die proses die pad geloop het, hulle het nie op daardie stadium die waarde daaruit gekry nie. En dit is wat hierdie groep anders maak. Dit is my verklaarde uitgangspunt dat hier in hierdie groep iets moet gebeur. Dit moet vir die mense wat hier is aangenaam wees om hier te wees in die eerste plek, maar daar moet ook waarde wees om hier te wees. En ek hoop dit is wat gaan gebeur. Ek hoop werklik dat ons mekaar se hande kan vat en die pad kan makliker maak vorentoe [Albert 1-127].

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem p5 Dit is my hoop dat die volgende woorde van Müller (2000a:20) ook vir ons as navorsers waar sou word: “Deur die verhaal te vertel aan simpatieke maar kritiese luisteraars, kon ek self 'n nuwe storie oor my apartheidsverlede vertel wat my toelaat om aan 'n beter toekoms te werk.” Die mate waarin dit met my en die mede-navorsers sou gebeur, sou eers jare later sigbaar word toe die aanvanklike navorsing opgevolg is deur 'n verdere studie met dieselfde groep mense. Hierin is die aanvanklike temas weer aan die orde gestel en is daar gesoek vir moontlike verandering in die posisies van die medenavorsers. 3. Praktiese teologie Suid-Afrika is tradisioneel bekend as 'n baie godsdienstige, en by name Christelike, land. Die laaste amptelike sensus 6 waarin vrae oor godsdiens gevra is, was in 2001. Tydens daardie sensus het slegs 15,1% van die bevolking aangedui dat hulle niegodsdiens is (Statistics SA 2004:23). Hierteenoor het 75.5% hulleself tuis gevoel in een of ander Christelike kerk en onder wit mense was die syfer so hoog as 80,7% (Statistics SA 2004:24). In die Vrystaat, waar hierdie navorsing onderneem is, is die persentasie Christene onder die algemene bevolking 89.6% en onder wit mense 'n volle 91% (Statistics SA 2005:25). Hieruit is dit duidelik dat godsdiens, en by name die Christelike godsdiens, 'n dominante faktor is om mee rekening te hou in hierdie navorsing. Van die kernsake van die Christelike geloof is die opdrag om ander mense soos jouself lief te hê (Matteus 22:39) en ook om aan ander te doen wat jy graag wil hê hulle aan jou moet doen (Matteus 7:12). Die onthullings wat by die WVK gemaak is, plaas onmiddellik hierdie uitgangspunte onder verdenking. Voor 1994 het slegs wit mense stemreg gehad waardeur hulle die politieke beleid van die land (help) bepaal het. Dit vraag kom nou onwillekeurig op oor hoe hierdie wit mense dan gedink het oor die diskriminerende beleid van apartheid in die lig van hulle godsdienstige belydenis. Die navorsing word vanuit 'n prakties-teologiese uitgangspunt gedoen om juis die diskrepansie tussen belydenis en praktyk, tussen leer en lewe te ondersoek. In die navorsing maak ek gebruik van die insigte van talle akademici wat al hieroor geskryf het, maar ek kies doelbewus 'n drietal wat in die onlangse verlede nuwe insigte na die 6 Die amptelike sensus in 2011 het geen vrae oor godsdiens bevat nie.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p5

Dit is my hoop dat die volgende woorde van Müller (2000a:20) ook vir ons as navorsers

waar sou word: “Deur die verhaal te vertel aan simpatieke maar kritiese luisteraars, kon

ek self 'n nuwe storie oor my apartheidsverlede vertel wat my toelaat om aan 'n beter

toekoms te werk.” Die mate waarin dit met my en die mede-navorsers sou gebeur, sou

eers jare later sigbaar word toe die aanvanklike navorsing opgevolg is deur 'n verdere

studie met dieselfde groep mense. Hierin is die aanvanklike temas weer aan die orde

gestel en is daar gesoek vir moontlike verandering in die posisies van die medenavorsers.

3. Praktiese teologie

Suid-Afrika is tradisioneel bekend as 'n baie godsdienstige, en by name Christelike,

land. Die laaste amptelike sensus 6 waarin vrae oor godsdiens gevra is, was in 2001.

Tydens daardie sensus het slegs 15,1% van die bevolking aangedui dat hulle niegodsdiens

is (Statistics SA 2004:23). Hierteenoor het 75.5% hulleself tuis gevoel in een

of ander Christelike kerk en onder wit mense was die syfer so hoog as 80,7%

(Statistics SA 2004:24).

In die Vrystaat, waar hierdie navorsing onderneem is, is die persentasie Christene

onder die algemene bevolking 89.6% en onder wit mense 'n volle 91% (Statistics SA

2005:25). Hieruit is dit duidelik dat godsdiens, en by name die Christelike godsdiens, 'n

dominante faktor is om mee rekening te hou in hierdie navorsing. Van die kernsake van

die Christelike geloof is die opdrag om ander mense soos jouself lief te hê (Matteus

22:39) en ook om aan ander te doen wat jy graag wil hê hulle aan jou moet doen

(Matteus 7:12). Die onthullings wat by die WVK gemaak is, plaas onmiddellik hierdie

uitgangspunte onder verdenking. Voor 1994 het slegs wit mense stemreg gehad

waardeur hulle die politieke beleid van die land (help) bepaal het. Dit vraag kom nou

onwillekeurig op oor hoe hierdie wit mense dan gedink het oor die diskriminerende

beleid van apartheid in die lig van hulle godsdienstige belydenis.

Die navorsing word vanuit 'n prakties-teologiese uitgangspunt gedoen om juis die

diskrepansie tussen belydenis en praktyk, tussen leer en lewe te ondersoek. In die

navorsing maak ek gebruik van die insigte van talle akademici wat al hieroor geskryf

het, maar ek kies doelbewus 'n drietal wat in die onlangse verlede nuwe insigte na die

6 Die amptelike sensus in 2011 het geen vrae oor godsdiens bevat nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!