25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p193

Karin [18-046] voer aan daar het in baie opsigte meer betrokkenheid van

die Blankes se kant gekom maar alles is nie altyd met ope arms

deur ander rasse en kulture ontvang nie. Sy verwoord ook ʼn frustrasie wat

dikwels in die gesprekke en ook in koerante en elders na vore kom:

Voorts het swak dienslewering en onbevoegde

bestuursvaardighede en die gevolge daarvan

aanleiding gegee tot wantroue deur alle rasse.

Sommige swart en kleurling mense is van mening dat

hulle beter af was in die apartheidsjare as nou. Aan

die ander kant raak blankes moeg vir swak

dienslewering, korrupsie en onbevoegde hantering van

sake [Karin 18-049].

Die blootstelling van die verskillende rasse aan mekaar was ʼn noodwendigheid na die

1994 oorgang. Die nuwe leefwêreld is egter nie oral ewe gemaklik aanvaar nie. Dit was

veral die wit Afrikaner wat gewoond was aan ʼn bepaalde lewenstyl en magsbasis

omdat hulle die oor van die regering gehad het, wat groot aanpassings moes maak.

Maar ons moet besef ons is die minderheid in die land. Ja. En

die land kan nie net gevorm word vir die Afrikaanssprekende

persoon nie [Hanlie 12-160]. Een van die knelpunte wat in hoofstuk drie uitgewys is

en direk deur hierdie groter blootstelling geraak word, is die kwessie van rassisme.

4.3 “Ek is (nie) ʼn rassis (nie), maar...” 30

Ek was meer as een keer in ʼn situasie waarin ek probeer antwoorde

gee het, maar terwyl ek gepraat het, het ek self al minder oortuig

geraak. In gesprek met belangstellende buite-staanders het ek al

minder geweet wat die antwoorde is. In die proses van die vertel van

die verhaal het ek ontdek dat my storie al minder sin maak (Müller

2000a:23).

Die meeste mede-navorsers sal, soos waarskynlike die meeste ander mense ook, sê

dat hulle nie rassiste is, of ten minste nie wíl wees nie. Ek sou sê ek is minder

rassisties as vroeër [Isak 16-190] of Dit is net nog ʼn mens [Frans

30 Na aanleiding van Fisher (2007:3) se opmerking oor mense wat hulle rassisme ontken en dan tog

rassisties optree en Mnguni (2012:) se opmerking oor wit en swart mense wat erken dat hulle rassiste is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!