25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p192

hart, jy sien die mense se gesindheid, jy sien die mens se

intellek en jy sien nie meer die kleur raak nie. Na sy jarelange

blootstelling aan die swart gemeenskap in sy werk, maar ook onder andere deur middel

van die ontwikkeling van skolehokkie by skole van verskillende rasse, kan hy getuig:

Maar vir my, wat dit aanbetref het die wit/swart verdwyn. En ek

sê dit nie net om dit te sê nie. Ek sal met daai mense enige tyd

assosieer [Isak 14-125]. Ook George [15-141] se blootstelling aan swart kollegas en

swart skole het by hom ʼn groot skuif laat kom oor wit en swart: dis nie meer

belangrik nie.

Die groter blootstelling aan swart mense oor die afgelope dekade of wat het egter ook

ʼn ander aspek na vore gebring. Nie almal het hierdie blootstelling as positief beleef nie.

Op die platteland waar daar nie so baie winkels is nie en almal eintlik maar by dieselfde

plek moet koop, voel wit mense vertrap, aldus Mike [10-079]. Hy sê die

boeregemeenskap vind dit baie moeilik om te verander [Mike 10-090],

omdat hulle nie gewoond [was] daaraan om te meng nie [Mike 10-200].

Johan [17-017] beskryf sy ervaring met swart mense by die werk:

Werk daagliks saam en met en onder hulle. Weer onder

die indruk gekom hoe rustig hulle die lewe vat en

dat daar nie veel dringendheid is in vergelyking met

die westerlinge nie. A.g.v. die eienskap kan ek nie

sien hoe hulle alleen bv. die ekonomie kan bedryf

nie. Tog beleef ek dat hulle baie eise stel en baie

dinge as ʼn reg beskou, sonder om veel in ruil

daarvoor terug te gee.

Later verduidelik Johan [17-021] sy houding teenoor sy swart kollegas:

Ek dink vanaf 1994 het my houding deur ʼn kurwe

gegaan: aanvanklik ʼn “kom laat ons kyk wat gebeur”

houding; daarna een van matige positiwiteit en

daarna weer baie afwaarts as gevolg van misdaad en

veral korrupsie. Dit wil lyk asof korrupsie,

omkopery ens. maar inherent is aan hulle en van bo

af is daar altyd regverdiging vir dade.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!