25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p191

twee gemeenskappe. Heel ekstreem gestel, ek dink van

ons mense kon sien dat dit net gewone mense is wat

in Thabong bly, en dat daar nie net “gangsters” en

misdadigers is nie [Isak 16-552].

Nie dat hierdie verandering noodwendig maklik was nie. Johan [11-031] vertel dat hulle

deesdae by die werk baie meer kontak met swart kollegas het. Dit het noodwendig

daartoe gelei dat hulle onder andere toilette begin deel het wat twintig jaar

terug... jy nie eens aan gedink het nie [Johan 11-034].

Op ʼn meer persoonlike vlak was die noue kontak met ander rasse ook nie altyd so

maklik nie. Frans [9-072] vertel van sy geskeide dogter wat ʼn vriend by die werk

ontmoet het. Hulle het aanvanklik nie veel van hierdie man geweet nie en toe hulle hom

wel ontmoet, ontdek hulle hy is ʼn bruin man. Ten spyte daarvan dat ek ons

kinders ek dink ek het dit die vorige keer ook gesê redelike

liberaal grootgemaak het om mense te respekteer. Maar skielik

toe dit naby aan my bas kom, toe is dit ʼn ander storie. Elsa het

dit makliker aanvaar as ek. Hierdie selfde sentiment word ook deur Karin

[18-170] verwoord as sy sê: Inherent het ek seker ʼn stukkie apartheid

in myself; ek kan myself byvoorbeeld nie indink dat een van my

kinders met iemand van ’n ander ras of kultuur trou nie.

Ten spyte van hierdie uitdagings wil dit tog lyk of die mede-navorsers dit eens is dat die

twee wêrelde tog nader aan mekaar beweeg. Selfs iemand soos Karin [18-160] wat

erken dat sy nog ʼn stukkie apartheid in haar het, sê mense wat nie

blootstelling geniet nie, sal stadiger aanpas. Elders stel sy dit só:

Eers wanneer mense betrokke raak, breek dit voor oordele en

agterdog af, maar dan voeg sy ook by: Daar is nog ongelooflik ruimte

vir groei [Karin 18-062].

Die grootste wins van die blootstelling aan swart mense is dat hulle gesien en beleef

word as egte mense en niks anders nie. Ek dink daar is ʼn klomp sulke

voorbeelde in Suid-Afrika van hierdie skuif wat gekom het waar

mense mekaar as mense aanvaar ongeag van jou velkleur, ongeag

jou kultuur, maar dat ons as medemens by mekaar uitkom [Albert

15-626]. Isak [14-105] verwoord sy ervaring hiervan: Jy sien die mense se

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!