25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p190

Die ander mede-navorsers het soortgelyke verhale te vertel. Elsa [9-058] vertel:

Ek persoonlik het op ʼn meer persoonlike vlak by die

bruin en swart mense betrokke geraak as gevolg van ʼn

interkerklike vroue groep... by wie ek aangesluit

het toe ek hier aangekom het. En dit was die eerste

mense wat na my toe uitgereik het. En daar is geen

diskriminasie van ras of stam of wat ook al nie. So

of jy nou kleurling is of pikswart is almal omhels

mekaar en gee mekaar ʼn drukkie en so. Dit het ek op

ʼn baie persoonlike manier beleef.

Hanlie [12-126] vertel dat haar een kleinseun se beste maat ʼn swart seun is wat saam

met hom in die skool is. Hulle twee slaap oor en weer by mekaar en hy was al saam

met hulle op vakansie. Vir hulle is die verskil in velkleur totaal niks snaaks nie.

Die grootste blootstelling aan ander rasse vind deesdae sekerlik by die werksplek

plaas. Saldaňa (2003:161) vra die vraag: “What contextual and intervening conditions

appear to influence and affect participant changes through time?” Die blootstelling aan

ander rasse by die werkplek speel ʼn groot rol om bestaande stereotipes af te breek.

[E]k wil tog sê ek dink daar is tog ʼn verandering aan die gebeur

in die sin dat daar genoeg mense is wat sê, of wat ondervind dat

die omstandighede waarin hulle werk byvoorbeeld hulle kollegas

en so aan, dat daar wel mense is wat briljant is en wat goed

opgelei is [Hanlie 12-309]. As deel van Isak se werk reël hy jaarliks ʼn padwedloop

tussen twee kampusse van ʼn plaaslike VOO 29 kollege, bekend as die Campus 2

Campus wedloop. Hieroor skryf hy:

Ons het geweldige positiewe terugvoer van die atlete

gekry. Van die atlete was vir die eerste keer in

Thabong, en het vir ons gesê dat dit ʼn goeie

ervaring was en dat baie van hulle persepsies

verkeerd was. Die Thabong gemeenskap het die wedloop

ten volle ondersteun, en wit en swart atlete is

ondersteun... Ek dink dit is miskien nie groot nie,

maar ʼn betekenisvolle brug wat gebou word tussen die

29 Kollege vir Verdere Onderwys en Opleiding. Dikwels meer bekend in sy Engels benaming: Further

Education and Training (FET) College.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!