LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p188 weeksdag praat 42% van alle mense nooit of selde met iemand van ʼn ander ras en 59% van die bevolking sosialiseer selde of nooit met iemand van ʼn ander ras nie. “This is perhaps to be expected, given the lasting spacial legacy of apartheid. As long as South Africans continue to live and work in realtively homogenous communities, these patterns will be difficult to change” (Lefko-Everett, Nyoka & Tiscornia 2011:30). Die homogene gemeenskappe hou bevolkingsgroepe uitmekaar, maar dit lyk ook of sommige mense dit nog altyd so verkies het. Van der Westhuizen (2007:302) vertel dat daar ná die uitspraak van minister Jimmy Kruger oor Steve Biko se dood, ʼn geskarrel in die NP kongres was omdat selfs van die parlementslede nie geweet het wie Biko was nie. Sy vertel ook dat die Britse Gemenebes se Eminent Persons Group wat Suid- Afrika in 1986 besoek het, verslag gedoen het dat “even the most enlightened ministers whom we met seemed out of touch with the mood in the black townships” (Van der Westhuizen 2007:307). Hierdie houding van afsondering het ook op ʼn persoonlike vlak uitgespeel. Smith (2010a:45) vertel van ʼn wit man wat hom gebel het oor sy swart tuinwerker wat gesterf het. Die man het nie geweet wat om nou te doen nie, omdat hy niks van die swart man se agtergrond geweet of sy familie geken het nie. By verdere navraag blyk dit toe dat die tuinwerker al veertig jaar daar werk sonder dat sy werkgewer enigiets van hom weet. ʼn Paar bladsye verder vertel hy ʼn soortgelyke verhaal van ʼn swart huiswerker wat ook sterf na vyf-en-dertig jaar se diens. Ten spyte daarvan dat sy al die gesin se kinders grootgemaak het en daagliks vir hulle kos gekook het, het hulle niks meer van haar geweet as bloot haar naam nie (Smith 2010a:48). ʼn Groot faktor wat rasse steeds uitmekaar hou, is die feit dat die meeste wit mense dikwels nie ʼn swart Afrikataal kan praat nie. Hierdie onvermoë beperk hulle blootstelling aan die leefwêreld van swart mense en maak hulle in ʼn sekere sin vreemdelinge in hierdie land [Albert 12-155]. Vir Hanlie [12-090] is hierdie gebrek aan ʼn Afrikataal ʼn groot probleem wat dringend in die skole aandag moet kry. Deels as gevolg van die taalprobleem, maar ook uit vrye keuse, word gekies om sekere boeke te lees, om sekere TV programme te kyk en met sekere mense te meng. Hierdie boeke, programme en mense is gewoonlik dié waarmee wit mense maklik kan identifiseer. Die gevolg is dat die twee wêrelde nie nader aan mekaar beweeg nie. In

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p189 hierdie verband het die TV-reeks 7de laan 28 waarskynlik meer gedoen as baie ander om die verskillende rasse aan mekaar bekend te stel. Al is apartheid as beleid iets van die verlede, is dit beslis nie dood nie. Hieroor skryf die Christen-joernalis Linda Martindale amper tien jaar gelede: “Apartheid, the legal system, fell. Yet the spirit of apartheid, and its consequences, still lives on. The struggle continues for equality, dignity, and economic justice – not only in the halls of parliament, but on the streets of the townships where the aftershocks of decades of injustice and exploitation are still felt on a daily basis” (Martindale 2003:elektroniese bron). Sommige mense leef in 2012 steeds asof 1994 nooit gebeur het nie. Hanlie [12-479] maak ʼn punt daarvan dat wit mense meer moeite moet doen om die twee wêrelde nader aan mekaar te bring en meer moet waag ter wille van ons kinders [Hanlie 12-430]. En tog erken sy: Ek was nog seker net drie keer in Thabong in my lewe en dit was saam met ander onderwysers om vergaderings daar by te woon of begrafnis daar te gaan bywoon. Ek was nog nooit op my eie daar nie [Hanlie 12-438]. Sonder ʼn doelbewuste poging gaan hierdie soort blootstelling nie gebeur nie. Wat wel gebeur is dat die blootstelling by die werk en in die openbare lewe dramaties vermeerder het. Deur die bank vertel die mede-navorsers dat hulle nou nog meer as in 1998 skouers skuur met swart kollegas en amptenare. Hierdie kontak word oorwegend as positief aangeteken. George [15-037] vertel van sy swart kollegas wat geleidelik deel van sy werkswêreld geword het. Ten tye van sy aftrede het hy oorwegend met swart skole [George 15-018] gewerk. George [15-077] vertel dat hy goeie verhoudings het met swart kollegas, selfs met die skoonmaker, iets wat in die ou bedeling nie sou gebeur het nie [George 15-099]. Die beste van alle sê hy: Dit is ʼn ding wat spontaan gebeur het, dit was nie gedwonge nie [George 15-107]. 28 7de laan is ʼn Afrikaanse TV-sepie wat reeds sedert 4 April 2000 uitgesaai word. Die program met akteurs van verskillende rasse is oorwegend Afrikaans, maar Engels en van die Afrikatale word ook gebruik saam met vertaalde onderskrifte. Die program word gekenmerk deur die gemaklike interaksie tussen persone van verskillende rasse. In 2007 het 60% van Afrikaanssprekendes ingeskakel op die program. Ongeveer 42% van die kykers is swart (Blaauw 2007).

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p189

hierdie verband het die TV-reeks 7de laan 28 waarskynlik meer gedoen as baie ander

om die verskillende rasse aan mekaar bekend te stel.

Al is apartheid as beleid iets van die verlede, is dit beslis nie dood nie.

Hieroor skryf die Christen-joernalis Linda Martindale amper tien jaar

gelede: “Apartheid, the legal system, fell. Yet the spirit of apartheid, and

its consequences, still lives on. The struggle continues for equality,

dignity, and economic justice – not only in the halls of parliament, but on

the streets of the townships where the aftershocks of decades of

injustice and exploitation are still felt on a daily basis” (Martindale

2003:elektroniese bron). Sommige mense leef in 2012 steeds asof 1994

nooit gebeur het nie.

Hanlie [12-479] maak ʼn punt daarvan dat wit mense meer moeite moet doen om die

twee wêrelde nader aan mekaar te bring en meer moet waag ter wille

van ons kinders [Hanlie 12-430]. En tog erken sy: Ek was nog seker net

drie keer in Thabong in my lewe en dit was saam met ander

onderwysers om vergaderings daar by te woon of begrafnis daar te

gaan bywoon. Ek was nog nooit op my eie daar nie [Hanlie 12-438].

Sonder ʼn doelbewuste poging gaan hierdie soort blootstelling nie gebeur nie.

Wat wel gebeur is dat die blootstelling by die werk en in die openbare lewe dramaties

vermeerder het. Deur die bank vertel die mede-navorsers dat hulle nou nog meer as in

1998 skouers skuur met swart kollegas en amptenare. Hierdie kontak word oorwegend

as positief aangeteken. George [15-037] vertel van sy swart kollegas wat geleidelik

deel van sy werkswêreld geword het. Ten tye van sy aftrede het hy oorwegend met

swart skole [George 15-018] gewerk. George [15-077] vertel dat hy goeie

verhoudings het met swart kollegas, selfs met die skoonmaker, iets wat in die ou

bedeling nie sou gebeur het nie [George 15-099]. Die beste van alle sê hy: Dit is

ʼn ding wat spontaan gebeur het, dit was nie gedwonge nie [George

15-107].

28 7de laan is ʼn Afrikaanse TV-sepie wat reeds sedert 4 April 2000 uitgesaai word. Die program met

akteurs van verskillende rasse is oorwegend Afrikaans, maar Engels en van die Afrikatale word ook

gebruik saam met vertaalde onderskrifte. Die program word gekenmerk deur die gemaklike interaksie

tussen persone van verskillende rasse. In 2007 het 60% van Afrikaanssprekendes ingeskakel op die

program. Ongeveer 42% van die kykers is swart (Blaauw 2007).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!